Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Die mate van God se liefde
Daar is 'n beperking op menslike liefde; dit raak min, dit droog op.
Dit is hoekom jy God se liefde in al jou verhoudinge moet hê as jy wil hê die verhoudinge moet lank duur. God se liefde raak nooit minder nie. God se liefde is geduldig, aanhoudend en volhardend.
Is dit nie goeie nuus om te weet dat God jou nooit prysgee nie? Maak nie saak wat jy doen nie, sy liefde gee nooit op nie. Dit is groot genoeg om almal in te sluit en langdurig genoeg om vir ewig te hou.
God sal jou nooit meer liefhê as op hierdie oomblik nie. Hy sal jou ook nooit minder liefhê as op hierdie oomblik nie.
Hy is lief vir jou op jou goeie dae; hy is lief vir jou op jou slegte dae. Sy liefde word nie gekondisioneer deur jou reaksie nie. God is liefde en sy liefde word vrylik gegee. Dit kan nie verdien word nie en is nie onverdiend nie.
Aanvaar sy liefde en aanbid Hom, met die wete dat sy liefde lank genoeg is om vir ewig te hou: "Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God" (Efesiërs 3:18-19).
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More