Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 340 VAN 365

Moenie jou oor die nietige dingetjies bekommer nie

Die Bybel vertel ons dat, wat 'n Christen anders as ander mense maak, sy ingesteldheid teenoor die nietige dingetjies is. Die Bybel sê wanneer jy 'n dankbare, positiewe mens is en nie 'n klaer nie, sal jy so uniek wees dat jy soos 'n ster in die donker nag sal aandag trek.

Wanneer ek geïrriteerd raak, is dit 'n waarskuwingsteken dat ek nie in voeling met God is nie. Wanneer ek dus in harmonie met God kom, onthou ek dat Hy oppermagtig is en alles wat belangrik is onder sy beheer het.

Daarom is ek nie bang nie! Ek besef ek is in sy hande. "Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom" (Filippense 1:6).

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com