Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God se innige liefde
Daar is soveel kere wanneer ons dink: "Ek kan nie meer nie! Ek gee op!" Dit maak nie saak hoe ver jy val nie, God se liefde vir jou is altyd groter as jou probleme.
Corrie ten Boom en Betsy ten Boom was Christene wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Nederland geleef het. Hulle het Jode in hul huis weggesteek om hulle teen die Nazi's te beskerm. Toe hulle ontdek word, is nie net die Jode nie, maar ook Corrie en Betsy na die konsentrasiekamp geneem waar hulle tot die einde van die oorlog gebly het.
Nadat hulle die een gruweldaad na die ander moes aanskou, het Corrie vir Betsy gesê: "Hierdie is die put van die hel". Betsy het geantwoord: "Daar is nie 'n put te diep vir God se liefde nie."
Jy kry dalk oor die afgelope maande finansieel baie swaar en dink: "Ek staan op die rand van bankrotskap!" Of jy het 'n emosionele laagtepunt bereik, of jou huwelik verbrokkel, of jy het gesondheidsprobleme. Jy voel gefrustreerd en jy dink: "Ek vergaan!"
Waar is God wanneer jy 'n absolute laagtepunt bereik het? Hy is daar, onder jou. Hy is jou "skuilplek, sy arms is altyd onder jou" (Deuteronomium 33:27).
Val in sy liefdesarms. Laat toe dat Hy jou vang en ondersteun wanneer jy nêrens het om heen te gaan nie.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More