Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 342 VAN 365

God loop saam met jou

Waaroor is jy bekommerd? Die ekonomie? Jou gesondheid? Jou rekeninge? Jou kinders? In werklikheid is daar baie redes in hierdie wêreld om voor bang te wees, maar God se beloftes staan vas. Selfs deur jou donkerste valleie loop Hy langs jou.

Dit is interessant om daarop te let dat daar 365 verse in die Bybel is wat sê: "Moenie vrees nie." God het vir ons 'n "moenie-vrees-nie" boodskap vir elke dag van die jaar gegee! Ek dink God sê: "Luister tog. Moenie bang wees nie.”

Hoekom? Omdat ons seer en vrese ons dikwels kan laat dink dat God daarop uit is om ons te laat swaarkry; dat al wat Hy wil doen, is om ons te veroordeel en te straf. Maar dit is eenvoudig nie waar nie. Jesus is die bewys daarvan.

Wanneer jy God se genade en barmhartigheid verstaan, hoef jy nie die toekoms te vrees nie. Jesus het die prys vir alles betaal wat jy ooit verkeerd gedoen het of nog verkeerd gaan doen. Hy het daarvoor aan die kruis betaal.

Wanneer iets slegs dus gebeur, hoef jy nie te dink: "God kry my terug" nie; onthou eerder: "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig" (Psalms 23:4).

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com