Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Die omvang van God se liefde
Die omvang van God se liefde strek oor die hele wêreld en dek alles en almal wat Hy geskep het: "Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen" (Psalms 145:17).
God het nog nooit 'n mens geskep wat Hy nie liefhet nie. Hy het jou gemaak, Hy is lief vir jou, en God maak nie rommel nie! Hy het jou onvoorwaardelik lief. Hy het jou baie, baie lief.
Almal is vir God belangrik. Trouens, ons sien in Jesus se lewe dat Hy ook diegene liefgehad het wat nie geliefd was of nie geliefd gevoel het nie. Wil jy weet wat die geheim van 'n goeie selfbeeld is? Dit beteken: as jy selfvertroue wil hê, moet jy verstaan hoe belangrik jy vir God is. As God jou liefhet, maak dit nie saak wat enigiemand anders dink nie.
Jy hoef nie jouself te bewys nie, want God het jou lief. Jy hoef nie spesifieke klere te dra om goed te voel of 'n splinternuwe kar te ry om jou ego te voed nie. Ons het nie statussimbole nodig nie.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More