Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God gee vryheid
Die wêreld definieer vryheid as 'n lewe sonder beperking. "Ek kan enigiets doen wat ek wil; enigiets sê wat ek wil, sonder dat enigiemand vir my sê wat om te doen." Jy maak dalk ander mense in die proses seer, maar jy wil dit op jou eie manier doen. Die wêreld sê dat jy jou vryheid kan hê, maar slegs deur heeltemal selfsugtig te wees.
Tog sê die Bybel dat die enigste weg tot ware vryheid deur Jesus is: "Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees" (Johannes 8:36).
Ware vryheid is vryheid van vrees, waar jy werklik vry is van skuldgevoelens, kommer, bitterheid en die dood. Jy is vry om op te hou voorgee omdat jy vry is om jouself te wees.
Hoe kan jy van daardie soorte vrese ontslae raak? Deur God toe te laat om jou lief te hê! Die apostel Johannes leer ons: "Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees" (1 Johannes 4:18).
Wanneer jy besef hoe lief God jou het, sal jy in ware vryheid begin lewe. Trouens, jy aanbid God wanneer jy erken: "God is liefde". Dit is 'n daad van aanbidding wanneer jy saamstem dat Hy 'n liefdevolle, sorgsame, vrygewige God is en bely: "Ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin" (1 Johannes 4:16).
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More