Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 23 VAN 25

Koning, God en Redder



In Matteus 2:11 lees ons dat die wyse manne drie geskenke vir Jesus gebring het: goud, wierook en mirre. Het jy geweet dat hierdie geskenke 'n spesiale betekenis in die Ou Testament het en 'n weerspieëling is van die Een wat hulle kom aanbid het?



Goud verteenwoordig koningskap in Psalm 72:15 en die geskenk van goud bevestig Jesus as die Koning van die konings. Wierook hou verband met die aanbidding van God in Eksodus 30:34 en die geskenk van wierook erken dat Jesus God is. In Eksodus 30:22-25 lees ons dat mirre gebruik was om mense vir 'n spesiale doel te salf. Die eerste keer wat Jesus mirre as 'n geskenk ontvang het, was met sy geboorte. Die laaste keer wat aan Jesus mirre gegee is, was aan die kruis en tydens sy begrafnis. Hierdie geskenk wys na die spesiale doel van Jesus se lewe: Hy sou aan die kruis sterf om ons te red van ons sondes en dan sou Hy weer lewendig word, in oorwinning oor die dood.



Hierdie vers in Matteus 2 maak melding daarvan dat, toe die wyse manne vir Jesus sien, "hulle neergeval en Hom aanbid het." Ons aanbid Jesus as ons koning, omdat Hy "al die mag in hemel en aarde" het (Matteus 28:18-20). Ons aanbid Jesus as ons God, want "Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie" (Johannes 1:3). En ons aanbid Jesus as ons Verlosser, want "God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê" (Johannes 3:16). Vra God om jou hierdie Kersseisoen deur middel van aanbidding nader aan Jesus te bring, net soos die ster die wyse manne na Jesus toe gebring het om Hom te aanbid.



Gebed: Vader, dankie dat U my na U toe lei. Net soos U die wyse manne tot by Jesus gelei het, bring my ook nader aan Jesus as wat ek nog ooit was. Jesus, ek aanbid U as my Koning, my God en my Verlosser! Heilige Gees, help my om ander mense wat ver van U af is, nader aan U te lei, sodat hulle Jesus ook kan aanbid.



Bron: John MacArthus, Matteus 1-7, William Hendriksen, Exposition of the Gospel According to Matthew, David Platt,  Exalting Jesus in Matthew, Grant R. Osborne, Matthew, (Zondervan Exegetical Commentary Series on the New Testament). 
Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid