Leesplan inligting

Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

DAG 5 VAN 7

"EERLIKHEID — Eerlikheid wat Genesing Bring"



Die meeste Christene verstaan en aanvaar hoe belangrik dit is om eerlik te wees met hulself sowel as met God. In 1 Johannes sê die Bybel vir ons dat, wanneer ons ons sondes voor God bely, Hy getrou en regverdig is om ons sondes te vergewe en ons te reinig van alle ongeregtigheid. Die Bybel sê ook dat Jesus die straf wat ons verdien, self gedra het toe Hy aan die kruis gesterf het. Jesus het vir my sonde gesterf, sodat wanneer ek dit bely, God dit vergewe.



Gewoonlik vertel ons onsself dat dit nie verder as dit hoef te gaan nie: "As ek eerlik is met myself en met God, is dit genoeg." Maar OEA verg meer.



Jakobus 5:16 praat van die belydenis van ons misdade teenoor mekaar en om te "bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word." As ons met God eerlik is oor ons sonde, vergewe Hy ons, maar as ons eerlik is met ander, word ons gesond.



Wat beteken "gesond"?



Wel, die daad om ons sondes teenoor mekaar te bely, hou ons toerekenbaar en help ons om die bemoediging te vind wat ons nodig het om die siklus van ons stryd te verbreek. Wanneer ons dit wat ons geheim gehou het neem en dit al skoppende en skreeuende aan die lig bring, vind ons dat dit baie van die houvas oor ons verloor.



En die genesing waarvan Jakobus praat is meer letterlik as wat jy mag dink. Kyk hierna: 'n Sekulêre kontemporêre sielkunde handboek genaamd "Hantering van Stres" (Coping with Stress), bevestig die genesingskrag van erkenning. Die skrywer sê dat "mense wat neig om geheime te hou, oor die algemeen meer fisieke en psigiese klagtes het as mense wat dit nie geheim hou nie … [insluitende] groter angstigheid, depressie en fisieke simptome soos rugpyn en hoofpyne … Die aanvanklike verleentheid van belydenis, dra dikwels minder gewig as die verligting wat die verwoording van die donkerder geheimsinnige aspekte van die self bring."



Spreuke 28:13 bevestig hierdie bevindings: "Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien sal genade ontvang".



*Hoe het jou sondebelydenis teenoor ander jou in die verlede gehelp? Is daar enige verborge sonde wat jy opgekrop hou, onwillig om dit aan die lig bloot te stel?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die drie elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verande...

More

Ons wil David C. Cook graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.dccpromo.com/aha/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid