Leesplan inligting

Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

DAG 1 VAN 7

"Die Resep vir OEA" (Ontwaking, Eerlikheid, Aksie)



My vrou het hierdie resepteboek, 'n trougeskenk, by die huis. Die naam is: "Die Drie Bestanddele Resepteboek." Sy sou daarvan hou as ek sê sy gebruik dit nie eintlik nie. Wanneer sy kosmaak is daar gewoonlik meer as drie bestanddele betrokke. Die waarheid is dat dit ek is wat "Die Drie Bestanddele Resepteboek" gebruik.



By seldsame geleenthede wanneer ek wél in die kombuis toegelaat word, is hierdie resepteboek my staatmaker metgesel, want in alle eerlikheid — drie bestanddele is omtrent my kulinêre kapasiteit. Een van die dinge wat ek op die harde manier geleer het is dat wanneer ek Die Drie Bestanddele Resepteboek gebruik, al die bestanddele nodig is — nee, absoluut noodsaaklik.



Die Drie Bestanddele Resepteboek het 'n nadeel. Jy kan nie kul nie. As jy net twee bestanddele gebruik, werk dit nie baie goed nie.



Dieselfde geld vir OEA-ondervindings.



Ek het al geluister na die OEA-ondervindings van honderde — indien nie duisende mense — oor die jare. Ek het al verskeie transformasie ondervindings van sleutelfigure in die Bybel bestudeer. Met treffende konsekwentheid het OEA altyd drie bestanddele. Indien enige van hierdie bestanddele ontbreek, kortwiek dit die transformasieproses.



(1) 'n Skielike Ontwaking (2) Brutale Eerlikheid (3) Onmiddellike Aksie (Ontwaking, Eerlikheid, Aksie = OEA)



As daar 'n ontwaking en eerlikheid is, maar geen aksie nie, dan vind OEA nie plaas nie.



As daar 'n ontwaking en aksie is, maar eerlikheid word oor die hoof gesien, sal OEA van korte duur wees.



Wanneer die Woord van God en die Heilige Gees egter hierdie drie dinge in jou lewe laat saamwerk, sal jy OEA ervaar — 'n Godgegewe oomblik wat alles verander.



Is jy gereed vir 'n OEA oomblik wat jou verander? Is jy bereid om die drie stappe in hierdie proses te volg?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die drie elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verande...

More

Ons wil David C. Cook graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.dccpromo.com/aha/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid