Leesplan inligting

Een Minuut Na Jou DoodVoorbeeld

One Minute After You Die

DAG 6 VAN 6

Ons Lewende Hoop



“Al die probleme van die hemel en die aarde, al sou hulle ons almal op een slag tref, sal niks in vergelyking wees met die oorweldigende probleem van God nie: Dat Hy is; hoe Hy is en wat ons as morele wesens aangaande Hom moet doen.” - A.W Tozer



Ons het baie gelees en gebid oor die lewe na die dood. Wat ons oor die lewe na die dood glo, verander alles, vir altyd. Gebruik sowat 10 sekondes en antwoord die vraag hieronder werklik eerlik. 



Sien ek die hemel meer as ‘n belofte van ontvlugting uit ‘n gebroke wêreld of as God se wil wat in my wêreld inkom om dit heel te maak?



Hierdie vraag is belangrik en jou antwoord maak saak. 



Die eerste antwoord—die hemel as ‘n ontvlugting—is slegs hoop vir eendag, vir ver in die toekoms. Dit is iets wat jy moet najaag en net aan die einde van ‘n lang, moeisame pad kan vind. Dit is die lig aan die einde van ‘n lang, donker tonnel. Maar die tweede antwoord? Dit is die lig aan die einde van ‘n tonnel, maar dit kom na jou toe, in jou tonnel in, dit verander wat jy sien, wie jy sien en hoe jy die mense saam met jou in die tonnel liefhet. 



Die eerste antwoord kom daarop neer dat die wêreld weggooibaar is. Die tweede antwoord dui daarop dat God soveel vir hierdie wêreld omgee dat Hy dit herstel. Die eerste antwoord beteken dat ‘n pragtige ewige lewe begin die dag as jy doodgaan. Die tweede antwoord beteken dat jou ewige lewe—gevul met hoop en herstel—begin op die dag wanneer jy ja sê vir Jesus. 



In Openbaring 21:5 sê God: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Hy het nie gesê dat Hy nuwe dinge gaan maak nie. Hy het gesê Hy maak alle dinge nuut. Sy woorde kan en behoort jou hoop vir hemel en aarde dramaties aan te vuur. 



Die hemel is nie net lewe vir een minuut na jou dood nie; dit is God se woning wat vir ons beskikbaar is, beide onmiddellik en uiteindelik deur Jesus, ons lewende hoop. Dit is lewe na hierdie lewe, omdat ons nuutgemaak is in hierdie lewe. Hy maak alle dinge nuut!



Bid: Jesus, dankie dat U my lewende hoop is. Dankie dat U vir my ‘n oop deur na die hemel geword het. Wat kan ek vandag deur daardie deur ontvang? Hoe maak U vir my en my omgewing vandag nuut? Amen. 



Vind elke dag inhoud soos hierdie van Life.Church.  


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

One Minute After You Die

C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry.’ Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid