Leesplan inligting

Een Minuut Na Jou DoodVoorbeeld

One Minute After You Die

DAG 1 VAN 6

Mik Goed


“Mik vir die hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry. Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” - C. S. Lewis


Wat jy glo oor wat gebeur een minuut na jou dood kan alles verander, vir altyd.


Stel jou vir ‘n oomblik voor dat jy glo jou siel na jou dood in water sal verander. Hoe sal dit die manier hoe jy water gebruik verander? Sal jy nog steeds die water laat loop terwyl jy jou tande borsel? Hierdie geloof mag jou interaksie met water vir altyd verander. Om jouself voor te berei mag jy dalk trek na ‘n plek waar jy meer tyd kan by die see, of naby ‘n rivier of mere kan deurbring. Heel waarskynlik sal jy wil hê dat ander ook anders oor water sal begin dink. Miskien raak jy so onderdompel in water dat jy nooit weer voet op droë grond sit nie en nooit weer die vreugde van die mense en die lewe rondom jou ervaar nie.


Dink bietjie na oor die aanhaling van C.S. Lewis hier bo. As elke gedeelte van ons lewe—al ons aksies, uitgawes, tyd en energie—op ‘n sekere mikpunt gestel was, waarheen sal al die dele wys? Sal hulle in allerhande verskillende rigtings wys? As al hierdie dryfkrag op een of ander manier bymekaargemaak kon word, waarheen sal jou lewe wys?


Sou jou lewe so daarop ingestel wees om goed te doen en ander te help dat jy amper geen tyd en energie oor het om God te ken nie? Sou dit so gemik wees op kerk en om ander geestelike praktyke te kan afmerk dat jy versuim om die mense om jou lief te hê? Johnny Cash het gesê dat jy dan “so hemelgerig is dat jy op aarde niks werd is nie.” Of, sal jou kompas slegs na aardse gemak wys, dinge soos goeie opvoeding, klere, kos, vervoer, ‘n gerieflike en veilige woonbuurt en ‘n betekenisvolle beroep?


Let op dat niks van bogenoemde dinge opsigself verkeerd is nie, wat dit juis so maklik maak om koers te verloor.


Vandag gaan ons ‘n gesprek lees tussen Jesus en ‘n belangrike geestelike leier, Nikodemus, wat probeer verstaan het hoe en waar hy die rigting van sy lewe kon verander.


Bid: God, sal U asseblief vir my enige deel van my lewe uitwys wat in die verkeerde rigting gemik is?


Luister na boodskappe en kry hulpbronne hieroor.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

One Minute After You Die

C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry.’ Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid