Leesplan inligting

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige GebedeVoorbeeld

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

DAG 7 VAN 7

Persoonlike Eerbaarheid



Tydens die Nasionale Jeugwerkers Konferensie in 1994 in San Francisco, het ek geluister na die onderrig van 'n man wat sy integriteit verloor het. Daardie man was Richard Dortch.



Dortch het daardie dag van die kansel af vertel hoe sy jare van blaamlose bediening korrup geraak het oor 'n periode van drie jaar, net omdat sy openbare persoonlikheid nie dieselfde was as sy private persoonlikheid nie. Dortch is nou uit die tronk ontslaan en reis deur die land om reg te stel wat hy verbrou het. Hy verkondig nou die boodskap van persoonlike eerbaarheid.



Noudat ons aan die einde van hierdie leesplan kom, wil ek graag 'n paar dinge met jou deel wat Richard Dortch gesê het. Eerstens, 'n geweldige persoonlike mislukking gebeur nie oornag nie. Dit vind gelydelik plaas wanneer jy wegbeweeg van wat jy weet reg is.



Hy het ook gesê: "Die beste metafoor vir eerbaarheid is glas. Glas is 'n soliede struktuur, maar deursigtig. Jy kan deur glas sien. Is jou lewe so deursigtig soos glas?"



As jy tans op 'n plek in jou lewe is waar jy nie deursigtig is nie, maar dof en wasig, dan is dit tyd om te begin bid. Bid om vergifnis en ook dat God jou die moed sal gee om jou eerbaarheid te behou, ongeag die prys wat jy moet betaal. Jou lewe sal net weer deursigtig kan wees as jy toelaat dat God jou in sy vorm van waarheid en eerbaarheid giet.



Het jy hierdie leesplan geniet? Skryf dan hier in om die hele boek te wen.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

Delf in die avontuur van 'n lewe met gebed. Sluit aan by Pastoor Adam Stadtmiller op 'n reis waar jy sal leer hoe om vir groot dinge te bid – jou olifante – onderwyl jy groter intimiteit met God bereik. Hierdie 7-dag pla...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/praying_for_your_elephant/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid