Leesplan inligting

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige GebedeVoorbeeld

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

DAG 4 VAN 7

Die Doel van Gebed wat Vrae Vra



Jesus se beskouing oor vrae wat ons in gebed vra klink aanvanklik aanloklik en selfs opwindend. Jesus trek sy gehoor met die grootse belofte dat hulle diepste begeertes vervul sal word. Dit is 'n belofte wat Hy sal hou, maar daaraan is voorwaardes verbonde. Ons sien in ons gedagtes hoe ons sukses behaal en persoonlike geluk ervaar en dan tref die hou ons uit die bloute. Dit tref ons soos wanneer 'n bokser sy opponent onverwags in die maag slaan, met die gevolg dat die opponent se knieë knak.



As jy nie onverhoeds deur Jesus betrap wil word nie, moet jy verstaan wat Hy in die oorspronklike taaI en konteks sê. Net soos in Afrikaans, was daar ook in die antieke Griekse taal woorde wat meer as een betekenis het. Een van die woorde is thelo. Dit word 213 keer in sy onderskeie vorme in die Nuwe Testament gebruik. Thelo kan vertaal word as "wense" of "begeertes," en word inderdaad so in verskeie Bybelvertalings gebruik. 'n Meer uitgebreide begrip van die woord is "gewillig" of dalk "bereidheid."



Jesus brei die grense van gebedsvrae uit. Hy daag jou uit om meer te vra as wat jy wil hê. Stel jou voor hoe onvoldoende hierdie onderrig sou wees as ons net dit kon vra wat ons verbeelding kan optower. Wat jy begeer het beperkinge. Aan die ander kant, daar is geen grense as jy gewillig en met vrymoedigheid vir enigiets bid en dit kan 'n gebed insluit soos: "Jesus, wat wil U van my hê?"



Jesus het nie gevra om te bid vir wat jy wil hê nie; Hy wil hê jy moet dapper genoeg wees om vir enigiets te vra. Dit is baie moeiliker om gaande te raak oor hierdie stelling van Jesus, as ons dit eers in verband sien.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

Delf in die avontuur van 'n lewe met gebed. Sluit aan by Pastoor Adam Stadtmiller op 'n reis waar jy sal leer hoe om vir groot dinge te bid – jou olifante – onderwyl jy groter intimiteit met God bereik. Hierdie 7-dag pla...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/praying_for_your_elephant/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid