Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 69 VAN 280

GEESTELIKE DISSIPLINE

Na die verheerliking op die berg, het Jesus, Jakobus, Johannes en Petrus 'n pa teëgekom wie se seun van die duiwel besete was. Die ander nege dissipels het probeer om die duiwel uit te dryf, maar was nie suksesvol nie. Jesus het die duiwel bestraf en uitgedryf en die seun aan sy vader terugbesorg.

Hierdie nege dissipels was pas terug van 'n suksesvolle sendingtog waar hulle gepreek en mense gesond gemaak het. Hulle was egter nie in staat daartoe om hierdie een duiwel uit te dryf nie. Hoekom nie? Dalk omdat hulle nie gevas en gebid het nie. Dit moes seker 'n baie vernederende oomblik gewees het toe Jesus aan hulle verduidelik dat dit 'n gebrek aan gebed was.

Geestelike dissipline is nodig vir elke aspek van die lewe, veral tydens ouerskap. Jy moet elke dag tyd maak vir God, want dit is 'n groot uitdaging om kinders groot te maak. Hoe anders gaan jy sy wysheid in die hande kry?

Konstante geestelike dissipline sal jou voorberei vir die uitdagings van ouerskap.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com