Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

HOOP IN DIE ONSIGBARE
Ons as Christene weet hoe die verhaal gaan eindig. Tog is ons hoop in die onsigbare dinge. Ons sien net die wêreld om ons met al sy eise. Ons behoort ons gedagtes op die onsigbare te rig, anders gaan die verwagtinge van ons kultuurgroep ons verswelg. Die wêreld om ons vereis voortdurend al ons aandag. Die alomteenwoordige media (TV, tydskrifte, koerante, internet) lei ons aandag af en vul ons met vals hoop en kits tevredenheid. God het egter 'n teenaanval: "Julle weet baie goed dat God Jesus uit die dood laat opstaan het. Daarom is dit vanselfsprekend dat Hy wat nou deur sy Gees in julle bly, eendag ook elkeen van julle se sterflike liggaam met die hulp van sy Gees lewend sal maak" (Romeine 8:11 DB).
Leef so dat jou kinders 'n ewige perspektief kan kry. Praat oor die verwagtinge van jou kultuurgroep in vergelyking met die hoop wat ons as Christene het.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com