Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 9 VAN 280

SÊ NET "NEE"

Ouerskap vereis geweldig baie tyd en energie. Hierdie eise begin nog voor ons kinders soggens opstaan en gaan aan tot lank na hulle gaan slaap het. Asof dit nie genoeg is nie, vereis ons familielede, kollegas en vriende ook hulp.

Jesus weet hoe dit jou kan moegmaak. Baie mense het Hom lastig geval toe hulle ontdek dat Hy mense kan gesond maak en wonderwerke kan doen. Hulle het allerhande planne gemaak om aan Hom te raak of om sy aandag te trek (Lukas 5:18-19). Hy het besef dat Hy in aanvraag was.

Hy het egter ook geweet dat rus, gebed en alleentyd saam met sy Vader die enigste oplossing was om weer versterk te word. Hy was nie selfsugtig nie; dit was net die liefdevolste ding wat Hy vir sy volgelinge kon doen. Dit het Hom die energie en krag gegee om aandag te gee aan al die kwessies van die mense.

Dit is soms nodig om vir jou kinders "nee" te sê, sodat jy kwaliteit tyd saam met jou Hemelse Vader kan hê. Dit is vir hulle beswil.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com