Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WEES VINNIG OM TE LUISTER EN STADIG OM TE PRAAT
Dit is net menslik om kwaad te word as kinders sonder respek optree, ongehoorsaam is of weerstandig optree. Ongelukkig is kwaadword nie die reaksie wat ons kind se gesindheidsprobleme gaan oplos nie. Die "woede van 'n mens" lei ons aandag af van 'n lewe van geregtigheid. 'n Ouer se woede oor 'n kind se verkeerde keuse, verskuif die fokus van die kind se slegte optrede na die ouer se hewige reaksie.
Vandag se teksverse sê dat ons gou moet wees om te luister en stadig moet wees om te praat. Jy moet aandagtig luister en min praat as jy jou kind wil help om sy motief in 'n sekere situasie te ontdek. So kan jy jou kind help om God se geregtigheid te leer ken. Vervang woede met empatie, en jy sal verbaas wees oor wat gebeur.
Dis moeilik om met empatie op ongehoorsaamheid te reageer, maar die beloning is die moeite werd.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com