Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 2 VAN 280

DISSIPLINE, KARAKTER en HOOP

As ons kinders swaarkry, hetsy deur hulle eie verkeerde keuses of die keuse van iemand anders, wil ons graag hulle pyn versag of ons wil vir hulle sê hoe om sulke situasies te vermy. God het egter 'n ander plan — om hulle te vervolmaak deur middel van die swaarkry. Die suksesse wat 'n mens in sy lewe ervaar, help nie noodwendig om sy karakter te bou nie. Dit is juis in moeilike tye in ons lewens wanneer ons leer om nie moed op te gee nie en deur die pyn te werk. As ons ons kinders weerhou van swaarkry, weerhou ons hulle van die geleentheid om te groei, om hul karakter te ontwikkel en om te leer om op God te vertrou.

Dit is juis in moeilike tye wanneer noodsaaklike lesse geleer word en jou karakter ontwikkel. Moenie jou kind se groei stuit deur hom elke keer uit moeilike situasies te red nie.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com