Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

GEVOLGE
God se plan vir ons kinders is om al hoe meer onafhanklik te word en uiteindelik die huis te verlaat. Ons kan hulle help om vaardighede te ontwikkel wat hulle as volwassenes nodig gaan kry. Om dit reg te kry moet ons hulle help om hulle eie keuses te maak wat gepas is vir hulle ouderdom. Hulle moet ook die gevolge van hulle eie keuses leer dra.
Om 'n goeie besluitnemer te word vereis 'n vaardigheid wat aangeleer moet word en kinders moet toegelaat word om foute te maak in die leerproses. Jy as ouer sal geneig voel om hulle te help om foute te vermy en hulle te gaan red van die gevolge, want jy wil nie graag sien dat hulle seerkry nie. Daag jouself egter uit om die breër prentjie raak te sien. Besluit wat die ergste gaan wees — om toe te laat dat hulle foute maak terwyl hulle nog by jou bly of om te wag tot hulle groter is en daar meer op die spel is?
Wanneer jy toelaat dat jou kinders die gevolge van hulle eie besluite ervaar, berei jy hulle voor om volwaardige volwassenes te wees.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com