Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 31 VAN 280

DIE GOEDKEURING VAN DIE WÊRELD

Die antieke Midde-Oosterse kultuur het baie waarde geheg aan 'n vrou wat 'n kind, veral 'n seun, in die wêreld kon bring. Jakob se vrouens, Ragel en Lea, was susters en mededingers wat swangerskap (hul eie of deur middel van hulle slavinne) gebruik het om hul selfwaarde te verhoog. Hulle kompeterende geaardhede het sondige gesindhede en gedrag veroorsaak, want hulle het hulself aan wêreldse standaarde gemeet.

Net so kan ons ook ons, en ons kinders, se waarde en besittings meet aan wat ander mense as waardevol beskou. Wanneer ons sulke standaarde gebruik om onsself aan te meet, word ons slawe van die gedagtes en opinies van die wêreld in plaas van die gedagtes en opinies van God. Onthou waar jou ware burgerskap is.

Kry jou identiteit in Christus in plaas daarvan om die wêreld se goedkeuring te soek.
Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com