Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

NEEM NOTISIE VAN JOU KINDERS
Vandag se Skrifgedeelte vertel vir ons van Hagar, Sarai se slavin, se moeilikhede. Sarai was onvrugbaar, dus het sy vir Hagar as byvrou vir Abram gegee, met die hoop dat sy namens haar 'n kind sou kry. Toe Hagar swanger raak het sy hoogmoedig geword en onmin het tussen haar en Sarai ontstaan. Hagar besluit toe om na die woestyn te gaan omdat Sarai haar sleg begin behandel het. Daar het God tussenbeide getree en haar bemoedig. Sy het geweet dat Hy haar stryd verstaan, en as gevolg daarvan het sy gevoel dat God haar ten diepste ken. Sy sê toe: "Vandag het ek God gesien wat my raakgesien het" (Genesis 16:13b DB). Ten spyte van die moeilike omstandighede het sy die krag gekry om terug te gaan en haar verantwoordelikhede teenoor Sarai na te kom.
Net soos Hagar, wil ons kinders graag weet dat ons as ouers van hulle notisie neem. Hoe kan ons dit regkry? Ons moet tyd maak om hulle belangstellings te leer ken en aan te moedig. Ons moet elkeen se unieke kwaliteite waardeer, hoe verskillend dit ook al mag wees. Ons moet na hulle perspektief oor die lewe luister.
Wanneer ons ons kinders se Godgegewe uniekheid ontdek en waardeer, sal hulle weet ons ken en aanvaar hulle.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com