Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

HULP MET GEBED
Sukkel jy om te bid? Die meeste mense sukkel daarmee. Vandag se Skrifgedeelte sê dat God ten volle bewus is van ons swakheid in hierdie aspek. Die goeie nuus is dat die Heilige Gees ons help om ons behoeftes aan God die Vader bekend te maak.
Die Heilige Gees "vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God" (Romeine 8:27b DB). Net soos 'n getroude paartjie mekaar se sinne voltooi, weet God wat die Heilige Gees namens ons sê. Wat 'n verligting is dit nie om te weet dat die Gees van God ons eenvoudige gebede beter kan bewoord as wat ons dit kan doen!
Moenie moed verloor as jy sukkel om te bid nie. Dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, bid namens jou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com