Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 23 VAN 280

DIE GEVAAR VAN AFGODE

Een van die probleme met "afgode" is dat hulle die vermoë het om ons in te trek in 'n leefstyl waar hulle "aanbid" word. As ons 'n leefstyl wil najaag wat vir die wêreld aanvaarbaar is, word ons al hoe meer soos ander mense wat 'n pad van afgodediens volg. Om geld, mag, skoonheid en roem na te jaag, vereis dat jy soos hulle word wat alreeds daardie dinge het. Dit beteken ook dat jy van Christus se weë afdwaal, want Hy het geen behae in geld, mag, skoonheid of roem nie.

Die psalmdigter het geweet hoe die mag van afgode ons kan verander. Christus het dieselfde gesê: "Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees” (Matteus 6:21). Jou leefstyl is 'n aanduiding vir jou kinders van waar jou hart is.

Stel vir jou kinders 'n voorbeeld van hoe dit is om toegewyd aan God te lewe en nie afgode te aanbid nie.
Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com