Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 3 VAN 24

Hoekom Hoop?



Wanneer ons kyk wat om ons in die wêreld aangaan, na die boosheid daarin, dan voel dit asof ons geen rede het om te hoop nie. Ons almal beleef pyn en lyding in een of ander vorm. Vrede ontwyk ons en ons voel nie veilig nie. Ongeregtigheid, hartseer, siekte, armoede en geweld is deel van ons daaglikse bestaan.


Maar "die Woord het mens geword en onder ons kom woon" (Johannes 1:14). Toe Jesus aarde toe gekom het, is hoop moontlik gemaak. Die koms van Jesus het hoop gebring.


Wanneer ons vertrou op die werk wat Jesus vir ons verlossing aan die kruis gedoen het, word deur ons geloof ons gered (Efesiërs 2:8). Gegewe dat hoop dieselfde is as geloof in die toekoms, kan ons as gelowiges hoop hê. Dit is binne ons bereik. Ons moet dit net aangryp. Dit is die basis van die kennis wat ons kan red, ons geloof in Jesus Christus. Petrus sê wanneer ons glo dat Jesus vir ons sonde aan die kruis betaal het en die dood deur sy opstanding oorwin het, is ons gebore in ‘n lewendige hoop, ‘n hoop in Jesus se oorwinning vir ons ongeag die beproewings en verdrukking van hierdie wêreld.


Omdat ons geregverdig is, is ons verheug in die heerlikheid van God, selfs wanneer ons swaarkry. Trouens, as gelowiges word ons hoop sterker in tye van swaarkry. Ongeag probleme of swaarkry weet ons dat God se liefde deur Jesus Christus oor ons uitgestort is. Omdat ons volgelinge van Jesus is, sal die lewe moeilik wees, maar ons hoop is nie gevestig op ons omstandighede nie. Ons perspektief is ook nie net beperk tot dit wat ons sien nie, dit is tot in alle ewigheid gevestig in die waarheid van die evangelie. Ons het hoop en ons kan hoop omdat dit aan ons in Jesus Christus geskenk is.


Gesinne Met Jong Kinders


KINDERS: As ons na die wêreld om ons kyk dan sien ons baie seer, pyn en lyding. Hoe dink julle kan hoop hiermee help? Wanneer ons hoop in Jesus is, hoe help dit ons deur tye van swaarkry? Op watter maniere kan julle op Jesus vertrou en hoop? Hoe kan ons ander mense help wat swaarkry? (moedig hulle aan om hulle hoop op Jesus te vestig)


Lees Romeine 5:1-5. KINDERS, Waaroor kan ons spog? (ons hoop is op die almag en heerlikheid van God) Deur Jesus het ons toegang tot God se genade deur ons geloof in Hom en is daar vrede tussen ons en God. Wat is daar wat jy beleef het of wat jy gesien het wat met ander mense gebeur wat lyding veroorsaak het? Wat word deur swaarkry gekweek? (volharding) Wat word deur volharding gekweek? (egtheid van geloof) Wat word deur egtheid van geloof gekweek? (hoop) Wat word by ons gekweek wanneer ons deur lyding gaan? (volharding, egtheid van geloof en hoop)


Lees Lukas 1:18-25. KINDERS: Hoe het Sagaria teenoor die engel gereageer toe hy hoor dat hy op sy hoë ouderdom ‘n kind gaan hê? (hy het nie die engel nie geglo nie) Wat het met Sagaria gebeur? (hy was stom tot die baba gebore is) Elisabet was baie dankbaar teenoor God vir die geleentheid om ‘n baba te kry nadat sy so lank gewag het. Het jy al ooit op iets gehoop vir ‘n lang ruk? Indien wel, wat? Hoe het jy daaroor gevoel? Vra jou ouers waarvoor hulle gehoop het en hoe dit hulle laat voel het.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid