Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 6 VAN 24

Twyfel: ‘n Hindernis vir Hoop


Geloof, wat hoop omsluit, is “om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie" (Hebreërs 11:1). Ons kan verwag dat dit in ons lewens en harte teëgewerk sal word deur twyfel, wat gedefinieer word as 'n gevoel van onsekerheid of gebrek aan oortuiging.


Paulus beskryf Abraham se geloof as ‘n verbintenis tussen geloof en hoop toe Abraham “nog gehoop en geglo het toe daar geen hoop meer was nie” (Romeine 4:18). Hy het teen hoop in geglo vanuit ’n menslike perspektief en geglo in hoop wat in die karakter van God gevestig is. Trouens, Abraham se omstandighede het menslik gesproke onmoontlik gelyk. Die belofte van ‘n nageslag het hopeloos gelyk as sy ouderdom en onvrugbaarheid in ag geneem is. Wanneer hoop egter is op God gevestig, by wie niks onmoontlik is nie (Matteus19:26), het die moontlikhede geen perke nie. Ons hoop is oorvloedig in sy vermoë, sy goedheid en getrouheid teenoor ons, sy kinders. Ons het “volle sekerheid van hoop.”


Ons is telkens bang om vir iets te hoop omdat ons twyfel in die moontlikheid daarvan of ons twyfel in die wil van God. Miskien is ons in die steek gelaat, of ons het emosionele wonde en ernstige teleurstellings wat ons vermoë om te hoop vertroebel. Ons vorige ervarings of huidige omstandighede skep dreigende twyfel en ongeloof in ons toekomstige welvaart. Dit is in oomblikke soos hierdie dat ons ons fokus moet skuif van die tydelike na die ewige en die waarheid van die evangelie. Ons moet put uit die waarheid van die Woord van God, die waarheid wat sy onveranderlike karakter bevestig en sy eindelose liefde vir ons wat Hy deur Jesus aan ons bewys het. Die krag van die evangelie verpletter twyfel.


Gesinne Met Jong Kinders


KINDERS: partykeer kan onsekerheid veroorsaak dat ons hoop verloor omdat ons onseker is waarvoor ons in Jesus kan hoop. Wanneer jy fokus op die karakter van God en wat jy weet die waarheid oor Hom is, kan dit jou geloof en sekerheid op hoop versterk. Dink daaroor na wie God in jou lewe is. Wat het Hy vir jou en julle gesin gedoen? Vra jou ouers om jou te help om ‘n lysie te maak van alles waarin God aan julle gesin getrou was. Wanneer jy begin twyfel, dink aan die dinge wat God gedoen het om jou sekerheid van hoop te gee.


Lees Lukas 1:46-56. KINDERS: Toe Maria uitgevind het sy is swanger het sy ‘n lied gesing. Het dit geklink of sy hoopvol is in die lied? Wat is party van die goed wat Maria sê oor die Here? Watter eienskappe van die Here in hierdie verse gee jou hoop?


Lees Lukas 1:57-80. KINDERS, Toe Elisabet en Sagaria se baba gebore is wat het hulle hom genoem? (Johannes) Hoekom was die mense verbaas? (Dit was die gebruik in daardie tye om ‘n seun na iemand in die familie te vernoem, gewoonlik die pa. Daar was egter niemand in hul familie met die naam Johannes nie.) Hoe het Sagaria vir hulle gesê wat die baba se naam is? (hy het dit op ‘n skryfbordjie geskryf) Onthou julle waarom hy nie kon praat nie? (toe die engel hom vertel het hulle gaan ‘n baba hê, het Sagaria hom nie geglo nie) Toe hy weer kon praat, wat het hy gedoen? (hy het God geprys) Hoe het almal om hom gereageer? (hulle was gevul met ontsag en geweet dat die Here by die kindjie was) Waarop het Sagaria in sy lied op die Here gehoop? Watter hoop het hy vir sy seun Johannes gehad? (om ‘n profeet te wees wat die pad vir Jesus sal regmaak, en om kennis van verlossing te deel) Het die dinge waarop Sagaria gehoop het waar geword? (ja, hy het sterk geword in en deur die Gees)


Hoe kan jy seker maak dat jou hoop nie vervaag nie?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid