Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 8 VAN 24

Hoekom Vrede?


Kan jy jouself indink in 'n wêreld waar alles volmaak is? Waar vrede die norm is? Waar elke persoon, elke daad en elke gedagte goed is? Dit was die wêreld wat God geskep het. Dit was 'n plek van vrede, waar alles vir alle mense floreer het tot die verheerliking van God en ten goede van ander.


Dit het nie lank geneem voor vrede verander het in vyandigheid nie. Dit was ook nie lank voor hierdie volmaakte toestand van vrede en geluk verander het in selfsugtige doelwitte nie. Vandag leef ons in 'n wêreld waar vrede ons telkemale ontwyk. 'n Wêreld vol vyandigheid, haat en selfsugtige ambisies is nie die lewe wat God vir ons in gedagte het nie. God verlang na 'n koninkryk van gehoorsaamheid, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee (Romeine 14:17). Ons is geskape deur God om in vrede te lewe en sy vrede moet in ons lewens weerspieël word (1 Korintiërs 14:33).


Wanneer ons in vrede lewe, word God verheerlik want Hy is die God van vrede. Ons weerspieël Hom deur vrede en ons ontvang van Hom voorspoed in ons lewens. Dit is hoekom vrede belangrik is!


“Genade vir julle en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus.” Vir sy heerlikheid en ons welstand!


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Psalm 46:10. KINDERS: God het geweet ons kan nie sonder Hom volkome vrede hê nie. Hy begeer dat ons die vrede moet ken wat net van Hom kan kom. God begeer dat ons daardie vrede moet hê omdat Hy ons liefhet. As ons Jesus ken, is ons hoop in God 'n werklikheid en kan ons ten alle tye op Hom vertrou. Dit is 'n gawe om vrede in ons harte te hê.


Hoe sal jy vrede beskryf? Hoekom wil God hê ons moet vrede in ons lewens hê? Hoekom wil God hê ons moet in vrede met ander leef? Hoe kan jy in vrede leef by die huis, jou skool, op die speelgrond, wanneer jy speletjies speel of by jou vriende kuier?


Lees Lukas 2:1-5. KINDERS: Het julle al ooit op 'n lang reis gegaan? Hoe het julle gereis – met die motor, 'n bus, trein of 'n vliegtuig? Hoe sal jy gevoel het as jy daardie lang reis moes onderneem op die rug van 'n donkie? Dit is presies hoe Maria en Josef in die laaste dae voor Jesus gebore is moes reis. Waarheen het Maria en Josef gereis? (Bethlehem) 


Wanneer jy bid, bedank God dat Maria en Josef veilig in Betlehem aangekom het en bedank Hom vir al die kere wat Hy jou en julle gesin veilig laat reis het van een plek na 'n ander. Bedank Hom vir sy gawe van vrede, bedank Hom dat Hy wil hê ons moet vrede hê, bedank Hom vir 'n dag van vrede en vra Hom om jou in vrede te laat slaap. Vra Hom om jou altyd te wys hoe om in vrede met ander te lewe.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid