Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 7 VAN 24

Wat is Vrede?


“Ware vrede is nie bloot die afwesigheid van spanning nie, dit is die teenwoordigheid van geregtigheid” Martin Luther King Jr. (MLK)


MLK het geweet dat ware vreugde nie net die dag is wanneer geweld, wat op ras gebaseer is, gaan eindig nie, maar wanneer almal saamwerk vir die gemeenskaplike voordeel van ander. Vrede is nie net om kinders so ver te kry om op te hou baklei nie. Dit is om te sien dat hulle mekaar se geselskap geniet.

 

Sedert die begin van alle tye was die begrip van vrede nie net die afwesigheid van dit wat sleg is nie, maar ook die teenwoordigheid van dit wat goed is.


Die Hebreeuse woord “shalom” word in die Bybel gebruik vir vrede. Shalom beteken om volkome heel te wees en vooruitgang in jou lewe. In Bybelse terme is shalom telkens gebruik om te verwys na ‘n gesonde verhouding tussen mens en God. Die beste manier om te dink aan vrede is om te dink aan die eerste dae op aarde voor die sondeval. Dink aan wat God gesê het nadat Hy die hemel en aarde en alles wat daarin is geskape het. “Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed” (Genesis 1:31). God het alles geskape om in volmaakte harmonie met mekaar en Hom te bestaan. Dit is shalom; dit is vrede.


Het jy hierdie vrede? Gedy jou siel met jou Skepper? Kan jy na jou lewe kyk en sê: “Dit is baie goed"? Die goeie nuus is dit is joune om te hê!


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Matteus 8:23-27. KINDERS: Hoekom was die dissipels bang in hierdie verhaal? (omdat daar ‘n storm was) Waarmee was Jesus besig toe die storm begin het? (Hy het geslaap) Wat het Jesus gedoen nadat die dissipels Hom wakker gemaak het? (Hy het die storm STILGEMAAK) Dink jy dit het hulle vrede gegee en hulle veilig laat voel? Wat laat jou veilig voel? Waarheen gaan jy om rus en vrede te kry? (Moedig hulle aan om te dink aan plekke wat hulle veilig laat voel – hulle huis, hulle kamer, ‘n speelplek op die erf ens. Beklemtoon die feit dat hulle veilig kan voel ongeag waar hulle is omdat Jesus altyd by hulle is.) Laat hulle pret hê deur dié Bybel verhaal op te voer!


Lees Matteus 1:18-22. KINDERS: Hoe opgewonde moes Maria gewees het toe sy uitgevind het sy gaan ‘n baba hê en dat daardie baba die Seun van God is! ‘n Engel het na haar toe gekom om haar te vertel sy gaan ‘n baba hê. Die engel het ook na Josef, haar man, gegaan om dit aan hom te vertel! As jy ‘n jonger boetie of sussie het, dink oor hoe opgewonde jy was toe jou ouers jou die nuus vertel het van ‘n nuwe baba wat op pad is. As jy ‘n jonger boetie of sussie is, praat oor hoe opgewonde jou hele gesin was toe hulle uitgevind het jy is op pad! Om deel van ‘n gesin te wees bring vir ons vrede en sekuriteit.


Wanneer jy bid, dank God dat Hy altyd by jou is. Bedank Hom vir jou huis en jou ouers wat jou beskerm en veilig laat voel. Bedank Hom vir jou gesin en bid dat daar vrede sal wees in jou huisgesin.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid