Leesplan inligting

Herken God se Stem // Leer om Hom te OntmoetVoorbeeld

Recognizing God's Voice // Learn to Encounter Him

DAG 3 VAN 4

Verbeelding en om Dieper te Delf


Heilige Gees teenwoordig in ons, dit is wat ons van U hoor:


Ek kom dalk nie stadig na jou toe nie. Dalk nie sagkens nie — en beslis nie soos jy verwag nie. Daar is soveel meer van My wat Ek vir jou wil wys. Daar is 'n ruimte, soveel dieper, waarheen Ek jou wil neem. Daar is dinge wat Ek aan jou wil openbaar — en dit sal jy nie met jou oë sien nie. Hier gaan Ek jou verbeelding gebruik as jy My toelaat. 



Onthou eerstens, Ek het jou nie in die lig geskape nie. Stel jou dus duisternis voor. Stel jou dan lig voor ... Jy het bestaan voordat Ek jou fisiek gevorm het. Wat ek vir jou wil wys, bestaan, selfs nou — en altyd — al is dit nie noodwendig in die fisiese wêreld nie. Die fisiese, word vir jou tasbaar gemaak deur jou ervaring daarvan in jou denke, jou hart. Jy kan in jou denke sien, ruik, voel en ervaar, wat Ek jou gegee het om saam met My te ervaar. Dit wat jy sien, wat jy saam met My ervaar, sal vir jou meer openbaar wie Ek is.



Jy kan oor My lees. Jy kan My stem in jou hart hoor. Jy kan bid en reageer op die wysheid wat Ek jou gee, maar wil jy meer hê? Wil jy sien wat jy jou nog nie kan verbeel nie? Moet ek Myself in jou denke uitstort sodat jy ervaar wat jy nog nooit voorheen in jou verbeelding kon sien nie? Wil jy hê Ek moet jou help om dit in jou verbeelding te sien?



Maak jou oë toe, geliefde. Kom Ek maak jou stil. Hier gaan ons ... nou dieper. Kom Ek neem jou nog dieper. Hier is my hand. Voel jy dit? Ek sal jou help om te voel. Kyk nou, maar nie met jou oë nie. Kyk met jou hart. Kyk met jou denke. Wat sin maak, hoef nie meer sin te maak nie. Ek is 'n nuwe toonbeeld. Kom ek breek wyd oop wat jy oor My glo, wie jy verstaan dat Ek is. 



Glo jy Ek is goed? Kom Ek wys jou hoe. Jy glo Ek is kragtig? Kom Ek jou wys wat ek kan doen. Jy glo dat Ek by jou is, dat Ek genesing bring, dat Ek die maan, die sterre en elke heelal wat jy kan tel in my hande hou? Ek wil jou op 'n avontuur neem, net Ek en jy. Jy sal my moet vertrou — skuif enige sinisme en skeptisisme vir 'n oomblik eenkant. Hou jou oë toe ...  Of nie ... Ek kan ook met jou oë oop werk ...  Kom ons gaan.



Oefening:


Jy, my vriend, jy word nou uitgenooi om op 'n avontuur te gaan.



Daar word 'n paar vrae aan jou gevra: 



Wil jy hê dat die Heilige Gees in jou denke uitgestort word, sodat jy kan ervaar wat jy jou nog nooit voorheen kon verbeel nie? Wil jy hê dat die Heilige Gees jou help om in jou verbeelding te sien wat jou oë nog nie kan sien nie?



Om dit te doen, moet jy bereid wees om jou denke en hart oop te maak. Jy moet bereid wees om oop te wees om te sien, te hoor en te ervaar wat jy nog nooit voorheen ervaar het nie ... Is jy bereid om die Heilige Gees toe te laat om jou denke oop te maak vir meer ... meer liefde, meer wonder, meer skoonheid, meer vreugde, meer vrede en nog baie meer?



Die Heilige Gees het soveel meer vir elkeen van ons ... meer om te hoor, te ervaar, om te ken, om lief te hê ... En ons kry 'n voorsmaak, 'n vlugtige blik daarvan ... van sy heerlikheid, sy skoonheid, sy liefde in hierdie lewe. Ons ervaring is egter beperk. Ons wysheid is beperk. Ons God, in sy krag en sy liefde en sy kreatiwiteit, is egter nie beperk nie. Hy is hier en vra ons of ons, op hierdie oomblik, bereid is om ons verbeelding aan Hom oor te gee ... as ons, op dié oomblik, begeer om meer te ervaar van wie Hy in ons lewens is, begin vandag, op hierdie oomblik!



Heilige Gees, wees ons oë. Wees ons ore. Wees ons reuksintuig, ons smaak, en aanraking. Ons wil meer van U hê. Ons wil hê U moet enige valse oortuigings wat ons oor U het verander, om enige wanopvattings oor wie U is en wat U kan doen om te keer. Ons wil hê U moet ons harte en denke en verbeelding binnedring sodat ons U kan sien, voel, en ervaar met die oë van ons harte wat soveel meer, in samewerking met U kan doen, as om bloot net te sien.



Vader, bring ons dieper in die wonder en majesteit en skoonheid. Help ons om u ontsaglike liefde te ervaar. In hierdie oomblikke is ons in opwinding wagtend op U.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Recognizing God's Voice // Learn to Encounter Him

Die stem van God kan soos 'n sagte fluistering of 'n stormagtige orkaan na jou toe kom. Die sleutel is om dit te herken, hoe dit ook al kom, en te vertrou dat Hy goed en groter as enige stryd is. Begin hierdie 4-dag lees...

More

Ons wil graag Gather Ministries (Loop/Wire) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://rushpodcast.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid