Leesplan inligting

Herken God se Stem // Leer om Hom te OntmoetVoorbeeld

Recognizing God's Voice // Learn to Encounter Him

DAG 2 VAN 4

Hoe die Wind Waai (en Vrede Bring)


Dit is wat ons by die Heilige Gees wat in ons teenwoordig is hoor:


Jy hoor my stem al lankal. Jy het My herken voor jy geweet het dit is Ek. Dit was 'n stem van troos toe jy bang was, 'n stem van gerusstelling toe jy bekommerd was. Dit was balsem vir 'n wond, woorde wat nie woorde was nie — 'n stem van teenwoordigheid, 'n stem wat deel van jou is. Hoe kan jy nie reageer wanneer die wind in jou gesig waai nie? Hoe kan jy nie die asem van liefde teen jou vel voel nie?



Ek is die stem vir die wat swyg, die stem vir die wat sing. Ek is die stem in die kalmte en die stem in die storm. Ek lig die vermoeide op, en Ek ondersteun diegene wat vorentoe beweeg en my aangesig sien. Hulle hou hul hande oop terwyl hulle loop. Hulle kan klim, en hulle bly staande. 



Hierdie lewe bring nie vernietiging in jou hart nie. Nee, dit is nie moontlik nie. Dit is wanneer duisternis chaos bring — die pyn, trane en verwoesting — en vrede nog moet kom. My Seun bring daardie vrede. Die wind waai oor die land. Dit verg meer as moed, selfvertroue, en harde werk om vrede te bring. Die wind — wat jy voel en volg, dra wat nodig is vir vrede. My seun, my dogter, jy ken My. Jy kan vrede – vir jouself en ander in jou wêreld bring — omdat jy kan reageer op dit wat waarheid is, meer as enigiets wat jy kan sien.



Jy het die wind gevoel. Jy het die asem van my Gees in jou gevoel. Jy het daarna geluister, in die wete dat dit die Helper, jou Gids in alles is. Ek wil jou help om My nou beter te herken. Ek wil jou begeerte na My verhoog. Ek laat dit egter aan jou oor. Ek laat jou toe om te besluit of jy jou liefde vir My wil verdiep. Die wind waai, maar dit los jou nie. Die wind sal jou oplig en jou dra as jy dit toelaat.



Daar is dus werk vir jou om te doen. Jy het 'n keuse om vorentoe te beweeg, dieper in 'n ruimte waar Ek jou meer kan wys van wie Ek is. Ons twee saam, nè? Jy is nou hier by My, jou siel lewend binne my Gees wat in jou is. Jy groei en jou liefde neem toe, asook jou vertroue in My. Elke keuse sal My hoor. Elke keuse sal na My uitreik. Elke oorgawe met 'n oop hart en hande en stap, ja stap. Jy klim en loop en gee jou oor en voel die wind op jou gesig, die wind wat in jou siel fluister. 



Jy ken My. Jy ken My. Ek wil hê jy moet My nog beter ken. 



Oefening:


Ons het 'n bietjie vrede desperaat nodig. Nie waar nie? 



Vrede is deesdae so skaars in ons woelige lewens met die vinnige tempo van ons wêreld.



Die waarheid oor vrede is ... ons kan dit nie self soek en op ons eie kry nie. Ons kan nie werk en vrede op ons eie behaal nie. Nie die ware vrede wat ons nodig het nie. Nie ware vrede ... in ons harte nie. Dit werk eenvoudig nie so nie, ongeag wat in die selfhelpboeke geskryf staan.



Kom ons tree dan teen ons kultuur op en slaan 'n ander koers in.



In plaas daarvan om na vrede self te soek, kom ons soek eerder na God. Kom ons leer om meer van God te ontvang, sodat sy vrede, ons vrede word ... te midde van ons besige lewens.



Kom ons fokus daarop om die Heilige Gees vandag te voel en te herken wanneer Hy deur ons beweeg, God se asem in ons.



Ons het dus 'n keuse. Jy het 'n keuse.



Beweeg vorentoe. Of bly waar jy is. Delf dieper. Of bly waar dit veilig is.



Of jy besluit om aan te hou streef om in beheer te bly.



In elke oomblik maak jy die keuse vir jouself  ... om in Hom teenwoordig te wees of nie.



Bly vir 'n rukkie stil terwyl jy jou hart en gedagtes na God toe wend. Hoe Hy nou met jou praat, is dalk nie wat jy verwag nie ... Hy is immers vol verrassings, en dit is, soos altyd, net die begin ... 



“Die wind lig jou op en dra jou as jy dit toelaat.”



Jesus, kom ...


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Recognizing God's Voice // Learn to Encounter Him

Die stem van God kan soos 'n sagte fluistering of 'n stormagtige orkaan na jou toe kom. Die sleutel is om dit te herken, hoe dit ook al kom, en te vertrou dat Hy goed en groter as enige stryd is. Begin hierdie 4-dag lees...

More

Ons wil graag Gather Ministries (Loop/Wire) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://rushpodcast.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid