Leesplan inligting

Herken God se Stem // Leer om Hom te OntmoetVoorbeeld

Recognizing God's Voice // Learn to Encounter Him

DAG 1 VAN 4

Die Moeilike Dinge


Heilige Gees teenwoordig in ons, dit is wat ons hoor:


Dit mag dalk nog een van daardie dae wees. Ja ek weet. Het jy hulp nodig om dit reg te maak? Jy wil jou hande, jou hart, in oorgawe lig, handdoek ingooi en vir My sê jy kan net nie meer aangaan nie, nie waar nie? Ja, Ek weet. En Ek stem saam, jy kan nie so aangaan nie. Jy kan nie aangaan sonder My nie. In elk geval nie met hoop — of vryheid — nie. Ek weet ook dit is hoekom jy hier is en nader leun om te luister. Jy is moeg daarvoor om dinge op jou eie te doen. Jy is moeg daarvoor om dinge te probeer verander. Jy is oor die algemeen moeg en wonder of jou pogings enigsins 'n positiewe verskil maak.


O, kind, onthou, Ek is goed. Ek is goed.


Jy kan op My staatmaak. Ek sal jou 'n ander manier wys om na jou situasie te kyk. Ek bedoel nie om omstandighede te verbloem nie, om dinge goed te laat lyk as dit nie is nie. Die wêreld is siek. Daar is boosheid, 'n vyand wat jou stuit, jou aandag aflei en jou wegtrek van wat goed is. Ja, die lewe is moeilik.


Maar, Ek is goed. Ek is goed. Ek is goed.


Dogter, seun, kan jy My te midde van hierdie wanorde vind? Die omstandighede sal dalk nie verbeter nie, maar jou vooruitsigte sal. Dit voel dalk of jou hartseer jou wil verpletter, maar dit sal nie. Dit voel dalk of die pyn steeds te veel sal wees om te verduur, maar dit is nie. Ek is by jou. Regtig. Hier en nou.


Wat moet jy dus met hierdie moeilike situasie doen? Wat moet jy doen wanneer die probleem te groot voel, die uitkoms nie beheer kan word nie, en jy geen einde aan die rampspoedige dag kan sien nie? Wat doen jy? Eerstens, laat Ek jou vashou, en jou verseker dat Ek hier is. Vir jou sê dat Ek jou liefhet en my liefde is die krag wat jou staande hou.


Jy kan aanhou, my dapper een. Jy kan aanhou om op my te vertrou, in die wete dat hierdie probleem, die pyn, die moeilike situasie nie vir my skrikwekkend is nie. Daar is uitkoms. Hou my hand vas. Ons kan saam deur die moeilike tye gaan. Ek sal jou hart beskerm, as jy dit toelaat. Ek sal jou naby aan My hou, as jy wil hê dat my krag jou onderhou. Jy is die een wat ek beskerm en nooit verlaat nie. Jy is die een wat Ek volg, nastreef en begeer. Jy is die een wat meer kan doen as wat enigiemand ooit gedroom het, want Ek is die een wat dit gedroom het. Dit is Ek wat my eie drome maak — drome vir jou — om te verwesenlik.


Oefening:


Hoe bereik jy die punt waar jou hart glo dat God, jou goeie Vader — hier, op hierdie oomblik – die Een is op wie jy kan staatmaak, ongeag wat gebeur?


Hoe bereik jy die punt waar jou hart glo dat Jesus by jou is gedurende moeilike omstandighede?


Hoe begin jy sien dat Hy by jou is, sy hand in joune, en jou nooit sal verlaat nie?


Staan nog 'n paar oomblikke af om jou voor te stel waar Jesus is. Probeer om Hom werklik te sien. Voel sy teenwoordigheid by jou te midde van jou beproewing. Stel jou voor wat Hy doen. Stel jou sy reaksie op die struikelblok, die moeilike omstandighede voor.


Laat Hom 'n nuwe prentjie vir jou skilder, 'n prentjie waar Hy by jou teenwoordig is — in elke oomblik.


Gee Hom kans om 'n prentjie te skilder van hoe Hy jou Beskermer is ... Hoe goed Hy is ... En hoe dit nie te veel is om te dra nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Recognizing God's Voice // Learn to Encounter Him

Die stem van God kan soos 'n sagte fluistering of 'n stormagtige orkaan na jou toe kom. Die sleutel is om dit te herken, hoe dit ook al kom, en te vertrou dat Hy goed en groter as enige stryd is. Begin hierdie 4-dag lees...

More

Ons wil graag Gather Ministries (Loop/Wire) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://rushpodcast.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid