Leesplan inligting

Man van GodVoorbeeld

Man Of God

DAG 3 VAN 9

Leier van die Leier


Die tweede behoefte vir die volkome geestelike man, is om God toe te laat om hom te lei. Elke kind het 'n pa nodig, en elke vrou 'n eggenoot, wat sy daaglikse instruksies van God ontvang. Wanneer jou gesin verstaan dat jy daarna streef om binne God se wil te leef — en jy hulle aanmoedig om dit ook te doen — sal jou besluite nie so gereeld of so heftig teengestaan word nie. Wanneer jy die Here toelaat om jou te lei, bou dit jou gesin se vertroue in jou as geestelike leier, en wanneer hulle sien dat jy staatmaak op die Here, sal dit hulle help om ook op Hom staat te maak. Daar is nie 'n beter nalatenskap wat jy vir jou kinders kan los as om hulle te leer om God in alles te ken, ongeag die nagevolge nie. Buitendien, "Wysheid begin daar waar daar ontsag vir die Here is. Hy wat die Heilige God ken, het werklik insig." (Spreuke 9:10 NLV)


Kinders kan op 'n vroeë ouderdom met die Here praat oor wat hulle met hul lewens behoort te doen. Hulle moet in die gewoonte kom om die Vader om hulp te vra terwyl hul jonk is. Hul moet ook leer dat besluite wat op menslike redenasies gebaseer word, nie genoegsaam is vir geestelike sukses nie — God moet hulle lei as hulle sinvol wil lewe.


Toe my kinders nog klein was en iets wou gehad het, het ek dikwels vir hulle gesê: "Ons moet wag op die Here", of "Kom ons wag daarvoor en bid saam." Later sou ek opvolg deur te vra: "Voel jy dat God iets vir jou gesê het of vir jou gewys hoe om voort te gaan?" Soms sou hul antwoord: "Ek het Hom nog niks hoor sê nie." Ek sou nie reageer deur te lag of met hul te raas nie, ek sou bloot sê: "Dit is doodreg so. Jy sal dalk aan die begin nie verstaan nie, maar God is besig om jou te leer. Indien jy my volg soos ek Hom volg kan God die lesse deur my aan jou oordra."


Van die mees kosbare oomblikke in ons huis, was daardie oomblikke wanneer ons saam in gebed gekniel het, soekend na die Vader se gedagtes en instruksies. Dit was altyd opwindend om te sien wie eerste die duidelike leiding sou ontvang wat ons nodig gehad het. 


Pappa, jy kan jou kind alles in die wêreld gee, maar as jy hom nie 'n vader gee wat Christus as sy Verlosser aangeneem het nie, wat Hom toelaat om jou te lei in jou besluite, houding en aksies nie, sal jy nooit die man, eggenoot en pa word wat God wil hê jy moet wees nie.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Man Of God

Jy hoef nie die "perfekte" of "ideale" man te wees om 'n man van God te wees nie. Die volgende oordenkings deur Dr. Charles Stanley, beskryf die sewe karaktereienskappe van die geestelike man. Deur dié karaktereienskappe...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/manofgod vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid