Leesplan inligting

Man van GodVoorbeeld

Man Of God

DAG 4 VAN 9

Die Blaaskans wat Herbou


Die derde ding wat nodig is om 'n volkome, geestelike man te word, is om gereelde private oordenkings te hê. Ons kan ons kinders aanhoudend vertel om hul Bybels te lees en te bid, maar die eenvoudigste en mees effektiewe manier om hulle hierdie geestelike beginsel te leer, is deur die voorbeeld wat ons stel — lei 'n stiltetyd saam met hulle. 'n Pa kan dit nie aan sy vrou oorlaat nie. Jy mag dalk sê: "Ek reis baie rond en is selde tuis." Selfs al is jy nie baie tuis nie, het jou gesin steeds nodig dat jy hulle lei in die soeke na die Vader, wanneer jy by hulle is. Wanneer 'n kind sien dat sy pa die Bybel lees en op sy knieë gaan om te bid, sal die prentjie onherroeplik in sy gedagtes vasgevang wees.


Kom ek vra jou: Wanneer laas het jou kinders jou op jou knieë gesien met 'n oop Bybel, waar jy rigting soek by God? Dit is 'n onvergeetlike les vir 'n kind. Om 'n geestelike man te wees, moet jy tyd maak om met die Vader te gesels en te luister na Hom, deur sy Woord. Dit is meer belangrik dat jy gereeld sulke ontmoetings met God sal hê, as wat die lengte van die ontmoetings is. Selfs wanneer jy laat is, stel ek voor jy word stil, gaan op jou knieë en sê vir die Here: "Ek wy hierdie dag aan U. Al is ek laat, sal ek nie my huis verlaat sonder om op my knieë voor U te gaan en my hart in te stel om aan U gehoorsaam te wees nie." God sal jou getrouheid beloon.


Deur die jare het ek gesien dat die huise waar die vaders dit doen, ryklik geseën word. Hoekom? Omdat God ons tot volwassenheid bring en ons elke dag lei om geestelike treë te gee, as ons op ons knieë voor Hom sal gaan. Selfs al het jy net tyd om soggens stil te raak vir 'n toewydingsgebed en 'n gememoriseerde Bybelvers, moet jy seker maak jy doen dit. Dit sal jou voorberei vir die dag wat voorlê. Sodoende kan jy 'n langer tyd hê vir meditasie en Bybellees later in die dag, wanneer jy meer tyd het.


Jy moet besef dat die gesindheid van jou denke elke aspek van jou huis beïnvloed, daarom het jy bybelse beginsels nodig om die man, eggenoot en pa te wees wat jy wil wees. Wanneer jou aandag op bybelse waarhede gefokus is, beoefen jy die gedagtes van Christus — sy denkwyse en hoe Hy op omstandighede regeer. Wanneer jy dink soos Jesus, sal jy jou vrou en kinders meer toegewyd liefhê. Jy sal ook meer sensitief wees vir die behoeftes van die mense rondom jou.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Man Of God

Jy hoef nie die "perfekte" of "ideale" man te wees om 'n man van God te wees nie. Die volgende oordenkings deur Dr. Charles Stanley, beskryf die sewe karaktereienskappe van die geestelike man. Deur dié karaktereienskappe...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/manofgod vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid