Leesplan inligting

Man van GodVoorbeeld

Man Of God

DAG 2 VAN 9

Die Regte Begin


Die eerste stap na regte manlikheid is geestelike wedergeboorte — "Julle moet opnuut gebore word nie." (Johannes 3:7) Die belangrikste behoefte van elke gesin is 'n vader wie se hart aan Christus behoort. 


Hoekoem?


Omdat ons van nature geestelik dood is, aangesien dit "julle oortredinge [is] wat skeiding gebring het tussen julle en julle God. (Jesaja 59:2) Jy kan nie sien wie die Here wil hê jy vir jou gesin moet wees nie — of wat jou gesin van jou nodig het nie — omdat jou oortredinge jou heeltemal van sy teenwoordigheid afgesny het en jy daarom nie sy leiding kan ontvang nie.


Juis daarom moet jy glo dat Jesus vir jou sondes aan die kruis gesterf het en dat sy offer genoeg was om jou met die Vader te versoen. Wanneer jy vir Jesus sê dat sy dood aan die kruis genoegsame betaling vir jou sondes was, en jy Hom vra om in jou hart te kom en jou te vergewe, te reinig en in jou te woon, sal Hy op daardie oomblik in jou lewe kom en jou verlossing is dan gewaarborg deur die Heilige Gees wat in jou woon. (Efesiërs 1:13-14) 


Die man is die hoof van sy huis en wanneer Christus in sy hart kom woon, is hy ten volle toegerus om sy gesin se geestelike leier te wees. Christus wat in hom woon, help hom om die man te word wat hy moet wees. 


My vriend, as jy Christus nie aanneem nie, ontneem jy jou gesin van die een ding wat hul bo alles nodig het — geestelike leierskap. Indien jy egter 'n man van God is, kan die Here jou verander, sodat jy alles is wat jou gesin nodig het — 'n man met die wysheid, genade en krag om fisies, emosioneel en geestelik na hulle om te sien. Daar is geen plaasvervanger vir 'n eggenoot en vader wat gered is nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Man Of God

Jy hoef nie die "perfekte" of "ideale" man te wees om 'n man van God te wees nie. Die volgende oordenkings deur Dr. Charles Stanley, beskryf die sewe karaktereienskappe van die geestelike man. Deur dié karaktereienskappe...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/manofgod vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid