Leesplan inligting

Man van GodVoorbeeld

Man Of God

DAG 5 VAN 9

Insig in Aksie



Die vierde noodsaaklikheid om die volkome geestelike man te word, is die bewustheid van die geestelike behoeftes van jou gesin. 'n Geestelike man kan dieper sien as die oppervlak of die sigbare. Wanneer hy na sy kinders luister, hoor hy nie net wat hul sê nie, maar onderskei ook wat hulle voel en besef ook wanneer daar meer skuil agter dit wat hulle ondervind as wat hul oordra. Die Bybel sê dat Jesus mense gekonfronteer het en hul van binne en buite geken het. (Johannes 2:25) Ons het nie Christus se denke op so 'n vlak nie, maar soos ons in Hom groei, ontwikkel ons al hoe meer sy sensitiwiteit vir ander se behoeftes.



'n Pa wat geesvervuld is, kan maklik die basiese geestelike behoeftes van sy gesin onderskei en vir geleenthede soek om hulle die belangrike geestelike beginsels te leer. Hy is ook verantwoordelik vir die geestelike vordering van sy gesin. Wanneer hy sien sy kinders dryf weg, moet hy hulle aanmoedig en help om geanker te bly in die vaste rots van geloof. Die man van God besef ook dat sy gesin 'n Christus-gesentreerde kerk nodig het waar hulle die Woord kan leer, gemeenskap met die mense van God kan hê en kan leer hoe om hulle geloof te deel. Die regte kerk is 'n groot hulp wanneer jy die regte soort huis wil bou.



Jare gelede het ek 'n gesin ontmoet wat 'n baie liberale en geestelik-dooie kerk bygewoon het. Hul het 'n paar Sondae na ons kerk toe gekom en ek was diep bekommer oor hul geestelike welstand wanneer ek met hul gesels het. Daar was duidelike waarskuwingstekens dat alles nie reg was nie. Ongelukkig het dit gelyk of die pa onbewus was van die probleme, of nie bereid was om dit te erken nie, dus het ek hom aangemoedig om sy gesin na 'n Bybel-gesentreerde gemeente te neem en so gou as moontlik betrokke te raak.



Twee jaar het verloop voordat die pa my raad gevolg het. Ek kan nog onthou hoe hy en sy vrou een Sondag na vore gekom het met die uitnodiging. Die trane het van hul wange gerol toe hul met ons deel: "Pastoor, ons het uiteindelik die besluit geneem om aan te sluit, maar ek is bevrees ons het te lank gewag." Gedurende daardie twee jaar het albei hul tieners gerebelleer en bykans hul lewens totaal en al verwoes.



Hierdie soort uitstel gebeur heeltemal te gereeld. Deur bewus te wees van die geestelike behoeftes van jou gesin — en aksie te neem wanneer dit nodig is — verseker dit jou plek as die geestelike leier in jou huis en beskerm dit jou gesin van alles wat dit uitmekaar wil ruk.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Man Of God

Jy hoef nie die "perfekte" of "ideale" man te wees om 'n man van God te wees nie. Die volgende oordenkings deur Dr. Charles Stanley, beskryf die sewe karaktereienskappe van die geestelike man. Deur dié karaktereienskappe...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/manofgod vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid