Leesplan inligting

Man van GodVoorbeeld

Man Of God

DAG 7 VAN 9

Die Beskikbare Leier


Die sesde eienskap van die volkome geestelike man, is dat hy beskikbaar is om homself met ander te deel. Omdat hy nie selfsugtig is nie, het hy 'n begeerte om van homself te gee, sonder om enigiets terug te verwag. Die vreugde wat hy ontvang wanneer hy gee, motiveer hom om homself vir sy gesin te gee.


Toe my kinders klein was, het ek moeite gedoen om elke aand voor slaaptyd 'n kort geselsie en gebed met hulle te deel. Teen die tyd wat hul tieners geword het, het die kort geselsies meermale meer betekenisvol en langer geword. As gevolg van my program, het ek soms 'n sessie gemis, maar nie as ek dit kon verhelp nie. Daar is iets baie spesiaals daaraan om na hulle te luister en saam met hul te bid kort voor hul moet gaan slaap. Omdat hierdie geselsies ontspanne en vertroulik was, het my kinders gereeld met my gesels oor dinge wat ander ouers sal verbaas. Die rede hoekom hulle dié dinge met my gedeel het, is omdat ek gereeld elke aand by hulle was en vir hul gewys het  Ek gee om. Ek stel belang in jou. Ek is lief vir jou.


Om tyd met ons gesinne deur te bring, is bevredigend. Dit is omdat ons oes wat ons saai, meer as wat ons gesaai het en later as wat ons gesaai het. (Galasiërs 6:7) Die beginsel van saai en oes, is net soveel van toepassing op gesinne as op boerdery.


'n Pa behoort homself nie net met sy gesin te deel nie, maar hy moet ook leer om sy geloof met ander te deel. 'n Pa wat met sy gesin deel hoe die Here hom gebruik het om iemand na Christus te lei, motiveer sy gesin baie meer om hul Christelike getuienisse te deel, as al die studiekursusse saam.


Deur woord en daad moet ons ook ons kinders so vroeg as moontlik leer om dankoffers aan die kerk te gee — nie net sodat die kerk se begroting kan klop nie, maar uit liefde vir God en in gehoorsaamheid aan sy Woord. Geld is 'n noodsaaklike faktor in elkeen se lewe; daarom is die manier waarop ons geld hanteer, 'n belangrike les vir ons kinders. Pa, die verantwoordelikheid en geleentheid is joune. Wanneer jy jou tiende gee, belê jy in die finansiële en geestelike welstand van jou gesin. En wanneer jy deur finansiële probleme werk, kan jy jou kinders wys dat die krag, om deur moeilike tye te druk, sal kom as jy God eer in die gebruik van jou tyd en geld. Hierdie is lesse wat hulle nooit sal vergeet nie.


Dit kan opwindend wees om as gesin te leer hoe om op verskillende maniere aan God terug te gee. Wanneer jy behoeftes raaksien, bid tot die Vader en vra Hom wat jy kan gee. Tree dan in gehoorsaamheid op en geniet die vreugdevolle, kragtige, geestelike ervaring. As jy hierdie lesse goed oordra, sal dit 'n leeftyd se geestelike en finansiële leiding vir jou kinders verskaf.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Man Of God

Jy hoef nie die "perfekte" of "ideale" man te wees om 'n man van God te wees nie. Die volgende oordenkings deur Dr. Charles Stanley, beskryf die sewe karaktereienskappe van die geestelike man. Deur dié karaktereienskappe...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/manofgod vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid