Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Lig in donker plekke
Jesus het die mense, stelsels en organisasies wat onregverdigheid in sy tye geskep het, uitgedaag. Ons geloof is 'n antwoord op goeie nuus en dit vereis 'n antwoord vir ongeregtigheid. In ons gebroke wêreld word ons nog steeds geroep om hierdie goeie nuus te verkondig en dit sluit in dat ons die stelsels wat mense in armoede hou, moet uitdaag.
Toegang tot elektrisiteit stel mense in armoede in staat om hulle Godgegewe potensiaal te ontsluit. Dit beteken dat vroue snags veilig geboorte kan skenk, kinders saans kan studeer en dat boere water kan pomp om kos vir hulle gesinne te verbou. Tog is daar een uit sewe mense wat nog steeds nie toegang tot elektrisiteit het nie.
Die vinnigste en goedkoopste manier om toegang tot energie te verskaf, vir mense wat in armoede lewe, is deur middel van hulpbronne soos sonkrag, wat plaaslik opgewek word en skoon en hernubaar is. Dit sal lig na donker plekke bring, sonder om God se skepping te beskadig of 'n bydrae te lewer tot klimaatsverandering.
Die Wêreldbank het 'n doel om uiterste armoede teen die einde van 2030 te beëindig. Net drie persent van die Wêreldbank se energiefonds word egter aangewend vir plaaslike, hernubare energie, terwyl miljarde spandeer word aan fossielbrandstowwe wat besoedeling veroorsaak.
Here, dankie dat u lig is en ons die waarheid in U vind. Help my vandag om 'n ligdraer vir U te wees, in my lewe, my verhoudinge met mense en die skepping. Dankie dat U die alles van die ingewikkelde kwessie van armoede ken. Ek bid dat U die Wêreldbank se veldtog seën, sodat ons sal sien hoe gemeenskappe uit die duisternis gebring word om te kan floreer. Amen.
Kit Powney, Tearfund
Vind meer uit oor hoe Tearfund hoop om plaaslike, skoon, hernubare energie te verskaf .
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More









