Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Konflik
Dis baie traumaties vir kinders en jongmense wat met konflik grootword. Dis nie al nie, konflik kan ook tot vyandigheid tussen verskillende groepe lei.
Hierdie vyandigheid het Ramy se ervarings in sy kinderjare versuur, totdat hy op 'n lang pad geloop het om te leer hoe om te vergewe.
Deesdae beheer hy en sy vrou, Roula, die Stigting vir Vergifnis en Versoening in Lebanon, waar hulle kinders en jongmense help om die trauma van konflik te hanteer en te vergewe. Hulle werk is besig om lewens ten goede te verander:
Hassan*, 13, is 'n Siriese vlugteling. Hy is aangeval terwyl hy probeer het om 'n bakleiery by die skool stop te sit. Nadat sy aanvaller uitgevind het hoekom hy betrokke was, het hy skaam gevoel en selfs aangebied dat Hassan hom terugslaan.
Toe hy gevra word hoe hy wil reageer, het Hassan na die seun gekyk wat hom geslaan het, en gesê: "Nee, ek wil jou vergewe en jou nie terugslaan nie.”
Hemelse Vader,
ons bid vir almal in die wêreld wat met konflik lewe,
bring asseblief vertroosting en vrede vir hulle.
Ons bid vir al die vredemakers in die wêreld,
gee hulle asseblief die vrymoedigheid en krag om U te dien.
Laat hulle van u teenwoordigheid bewus word en seën die werk wat hulle doen.
In u Naam,
Amen.
Robin Kellagher, Tearfund
*Hassan se naam is verander om sy identiteit te beskerm.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More









