Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 41 VAN 47

Herstel: God is besig om drome te herstel

Ek het al lankal aangeneem dat ek lui is. Ek het net-net op skool geslaag, met die minimum punte wat in eksamens nodig was.

Toe, eendag in my twintigerjare, het ek einde ten laaste tot die besef gekom wat ek in die lewe wil doen. Ek het ontwaak; ek was gemotiveerd en het nuwe vaardighede aangeleer. Mense het selfs begin dink dat ek nogal slim is ...

Dis 'n gevoel wat mense kry wanneer hulle besef dat hulle uit armoede kan ontsnap en 'n betekenisvolle lewe kan leef; byvoorbeeld klere maak of 'n winkel bedryf. Wanneer ons sien dat sekere drome wel bereik kan word, ontwaak ons en gaan vooruit.

God is betrokke by die diepste begeertes van ons harte: aanvaarding, intimiteit, die kans om betekenisvol te leef en te werk. Hy antwoord dalk nie daardie begeertes op 'n manier wat onsself sou gekies het nie, maar ek glo Hy kan drome weer laat opvlam sodat ons weer gemotiveer word en weer lewe.

Hemelse Vader,
geliefde van my diepste wese,
skepper van my diepste begeertes,
laat hoop en drome weer in my opvlam,
dié wat U daar geplant het,
sodat ek nuwe motivering vir my lewe in U kan hê.
Amen.

Ben Cohen, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org