Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 35 VAN 47

Herstel: Herstel die balans

Waaraan dink jy as jy die woord "balans" hoor? Dink jy aan 'n sweefstokarties in die sirkus, 'n bedrewe en grasieuse balletdanser of wat jou bankbalans is?

Wanneer ons deesdae na die wêreld om ons kyk, lyk dit of baie dinge ongebalanseerd is. Daar is groot ongelykhede en ons sien al hoe meer die invloed van die wêreldklimaat wat uit balans is en die armste gemeenskappe die ergste tref.

Kolossense 1:15-20 maak melding daarvan dat God besig is om alles te herstel, nie net ons as mense nie, maar sy hele skepping: die aarde, die plante, die diere en die see.

God roep ons, sy kerk, om sy vennoot te wees om te help om die balans te herstel. Ons is aangestel om vir sy skepping te sorg. Hoe ons leef, die keuses wat ons maak en wat ons verbruik, maak saak. 

Hemelse Vader,

Ons sê dankie dat U daarna verlang om alles te herstel, en dat die herstel van u skepping en alles wat leef en asemhaal, 'n deel daarvan uitmaak om die wêreld te vernuwe. Help ons om ons deel by te dra en u vennoot te wees om die balans van u wonderlike skepping te herstel, sodat alle mense en alle dinge in staat sal wees om te groei en te floreer. Amen.

Matthew Currey, Tearfund

Wat is een ding wat jy vandag kan doen om jou deel by te dra om ons wêreld te vernuwe? Vir 'n paar idees en maniere om dit te doen, besoek: www.tearfund.org/action

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org