Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 34 VAN 47

Herstel: Herstellende ekonomie

Wat beteken dit vir God om die skepping te herstel? Dink ons dat dinge herstel moet word na hul oorspronklike, natuurlike toestand, soos dit in die tuin van Eden was?

Dalk is die antwoord hierop beide ja en nee.

Nee — ons wil nie alle tegnologie laat vaar en terugkeer na 'n ongerepte en ongetemde skepping nie. Dit sal onmoontlik wees.

Maar ook ja — dit is God se plan om die verhouding tussen die skepping en die mensdom te herstel soos dit bedoel was om in Eden te wees.

Dit is wat Jesus moontlik gemaak het — 'n herstel en versoening van alle verhoudinge en waarvoor die HELE skepping gretig wag. Romeine 8 verduidelik dat wanneer ons in Christus is, kan ons deel wees van die herstel van God se oorspronklike en wonderlike plan, waar ons die skepping regeer as beelddraers van God. Dit is nie 'n negatiewe soort beheer nie — dink aan hoe Jesus regeer — met geregtigheid en as 'n dienende koning. Dis hoe ons veronderstel is om te regeer, omdat ons na die beeld van God geskep is.

Hemelse Vader, dankie dat U die opperbevelvoerder van die herstelproses is! Dankie ook vir mense wat so baie doen om ons verhouding met die skepping te herstel. Ons bid dat U hulle vandag seën. Help my asseblief en wys my op watter maniere ek my eie gebroke verhouding met die skepping kan herstel. Amen.

Billie Anderson, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org