Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: God is besig om gemeenskappe te herstel
Waaraan dink jy as jy die woord "gemeenskap" hoor? Ons dink aan die straat waarin ons saam met vriende en bure woon; die mense wat op dieselfde plek as ons woon en dieselfde stokperdjies en waardes as ons het.
Wanneer ons egter dink aan "God wat ons gemeenskappe herstel", verander ons definisie. In die Skrif lees ons hoe Jesus dikwels gemeenskappe herstel het deur teenoorgestelde pole bymekaar te bring: die tollenaars en dissipels, die prostitute en die priesters, die siekes en die gesondes.
In Jesaja 58:12 gebruik die profeet die herbou van 'n stad as beeldspraak vir wat God se mense kan bereik wanneer ons Hom heelhartig volg. Om die stad te herbou, moet ons die rommel opruim en dit wat gebreek is herstel. God herstel gemeenskappe en Hy vra ons om dieselfde te doen. Ons bring herstel vir die uitgeworpenes, hulle wat ons nodig het, hulle wat glad nie soos ons is nie, en verwelkom hulle in die familie van God.
Here, verander asseblief ons denke oor gemeenskap, sodat dit mense insluit wat ons nie gewoonlik raaksien nie. Help ons om u wêreldwye gemeenskap te herstel terwyl ons poog om mense uit armoede uit te bring. Wat ons gemeenskappe betref, help ons om samesyn eerder as verwydering te kies en iets te doen in plaas daarvan om gevoelloos te wees.
Dan Preston, Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
