Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Kinders is soms bang in die donker. Vrees maak hul senuagtig, vul hul harte en hulle raak angsbevange; maar as hulle die stem van hul ma of pa hoor, kalmeer hulle en raak aan die slaap. Met ons eie geestelike ervaring is dit dieselfde. Ons kry met angswekkende bekommernisse te doen en ervaar dan geweldige vrees; dan hoor ons Jesus vir ons sê: "Dit is Ek, moenie bang wees nie" en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, neem ons harte in besit.
Die mens kan nooit weer dieselfde wees nadat hy van Jesus Christus gehoor het nie. Hy mag dalk sê dat hy nie aandag daaraan gee nie; dit mag wees dat hy alles daarvan vergeet, maar hy is nooit heeltemal dieselfde nie, en waarhede kan enige tyd weer in sy bewussyn opkom en al sy vrede en geluk vernietig.
OORDENKINGSVRAE:
1. Wat maak my vreesbevange?
2. Wanneer is ek meer geneig om bang te wees?
3. Watter woorde van Jesus waarsku my?
4. Watter woorde van Jesus verdryf my vrees?
Aanhalings uit: "Servant as His Lord" en "Run Today’s Race",© Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting
Verwante Leesplanne

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Span Jou Tyd In Vir God

Om Die Stem Van God Te Hoor

Glo God Is Goed — Ongeag

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Die krag van ’n biddende vrou

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings