Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 12 VAN 28

Onderskei tussen begeertes en behoeftes.



Meestal is wat ons wil hê nie dit wat ons nodig het nie. En as ons eerlik is, het ons baie meer ontvang as wat ons eintlik nodig het. Ons benodig kos, klere en skuiling. Ons wil al die ander goed hê.



Hoe vind ons vreugde wanneer ons nie kan kry wat ons wil hê nie? Tevredenheid is van ons gesindheid afhanklik en nie van ons bankstate nie. As ons altyd probeer om meer geld te verdien, meer hulpbronne te verkry en meer rykdom te bekom, gebruik ons ​​nie geld soos God dit bedoel het nie.



Geld is 'n hulpbron om in ons behoeftes te voorsien, om in die behoeftes van ander te voorsien en 'n geleentheid om aan God terug te gee, as 'n gebaar van aanbidding. Deur aan God te gee, verklaar ons dat ons tevredenheid nie in geld nie, maar in Jesus te vinde is. Jesus is die een wat vir ons voorsien. Om geld liewer te hê as vir God, lei net tot pyn, teleurstelling en sonde. Maar wanneer ons vertrou dat God sal voorsien, kan ons ons tevredenheid in Hom vind.



Geld sal opraak, maar God is 'n ruimhartige gewer, wat ongeag van wat gebeur, altyd by ons is. Hy voorsien vir ons ver bo wat ons verwag. Wanneer ons Hom met ons geld en ons lewens vertrou en gehoorsaam, ontvang ons sy ryk liefde en die herskepping wat dit in ons teweegbring.



Dink Hieroor:

1. Watter twee dinge wil jy graag hê, maar het dit nie regtig nodig nie? Sal jy God vertrou om dit vir jou te voorsien (of om beter te weet wat jy nodig het)?

2. Hoe tevrede is jy op 'n skaal van 1 tot 10? Hoekom het jy daardie nommer gekies?

3. Onvergenoegdheid begin wanneer ons glo dat God nie ons beste belange op die hart dra nie. Op watter drie maniere was God in hierdie maand aan jou getrou?



Bid:

Jesus, dankie dat U altyd my beste belange op die hart dra. Help my om in U en U alleen tevrede te wees.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid