1 Petrus 1:3-6

1 Petrus 1:3-6 DB

God, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik. Hy self het ons sy kinders gemaak. ’n Mens staan verstom voor sy geweldige goedheid. God het ons beloof dat wat Syne is, ook ons s’n is. Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. God bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat God sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie. God het mos bewys dat Hy al die dinge vir ons kan en wil doen toe Hy Jesus uit die dood opgewek het. God hou julle juis nou styf vas sodat niks met julle gebeur wat julle geestelik kan seermaak nie. Hy is sterk genoeg om dit te kan doen. Vertrou daarom op Hom, want Hy gaan julle kom red. Alles is al reg daarvoor. Op die dag wanneer Jesus weer kom, sal God al die wonderlike dinge wat Hy vir julle reggemaak het, vir julle kom uitdeel. Daarvan kan julle seker wees en daarom kan julle inderdaad baie bly en opgewonde wees. Dit kan gebeur dat daar in julle alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir julle lekker is nie en

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid