Romeine 5:1-8

Romeine 5:1-8 CAB23

Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus: Deur wie ons ook deur die geloof toegang het tot hierdie genade waarin ons staan en ons verheug in die hoop op die heerlikheid van God. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in verdrukkinge, omdat ons weet dat verdrukking lydsaamheid bewerk; En geduld, ondervinding; en ondervinding, hoop: En die hoop beskaam nie; want die liefde van God word in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Want toe ons nog kragteloos was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterf. Want beswaarlik sal iemand vir 'n regverdige sterwe, maar miskien sal sommige vir 'n goeie man dit selfs waag om te sterf. Maar God betuig sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid