Romeine Romeine 5

Romeine 5
Versoening met God en die vrede deur die geloof
1Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus:
2Deur wie ons ook deur die geloof toegang het tot hierdie genade waarin ons staan en ons verheug in die hoop op die heerlikheid van God.
3En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in verdrukkinge, omdat ons weet dat verdrukking lydsaamheid bewerk;
4En geduld, ondervinding; en ondervinding, hoop:
5En die hoop beskaam nie; want die liefde van God word in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
6Want toe ons nog kragteloos was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterf.
7Want beswaarlik sal iemand vir 'n regverdige sterwe, maar miskien sal sommige vir 'n goeie man dit selfs waag om te sterf.
8Maar God betuig sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
9Veel meer dan, omdat ons nou deur sy bloed geregverdig is, sal ons deur Hom van die toorn gered word.
10Want as ons, toe ons vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons, as ons versoen is, deur sy lewe gered word.
11En nie alleen dit nie, maar ons verheug ons ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.
Sonde het in die werëld in gekom deur een mens
12Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood; en so het die dood tot alle mense deurgedring, omdat almal gesondig het.
13(Want tot die wet was daar sonde in die wêreld, maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.
14Nietemin het die dood geheers van Adam af tot by Moses, selfs oor hulle wat nie gesondig het nie, na die gelykenis van Adam se oortreding, wat die figuur is van Hom wat sou kom.
15Maar nie soos die oortreding nie, so is ook die vrye gawe. Want as baie deur die oortreding van een gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe uit genade wat deur een mens, Jesus Christus is, vir baie oorvloedig geword.
16En nie soos dit was deur een wat gesondig het nie, so is die gawe; want die oordeel was deur een tot veroordeling, maar die vrye gawe is van baie misdade tot regverdigmaking.
17Want as deur een se oortreding die dood deur een geheers het; veel meer sal hulle wat oorvloed van genade en van die gawe van geregtigheid ontvang, in die lewe regeer deur een, Jesus Christus.)
18Daarom, soos deur die oortreding van een oordeel oor alle mense tot veroordeling gekom het; net so het deur die geregtigheid van een die vrye gawe oor alle mense gekom tot regverdigmaking van die lewe.
19Want soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens tot sondaars gestel is, so sal baie deur die gehoorsaamheid van een regverdig gemaak word.
20Verder het die wet ingekom, sodat die oortreding meer kon word. Maar waar die sonde oorvloedig was, het genade baie meer oorvloedig geword:
21Sodat soos die sonde geheers het tot die dood, so kan ook die genade deur geregtigheid heers tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid