Die teëstander vat Hom op teen ’n hoë berg (hoë punt van menslike ambisie) en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ’n oogwink
en die teëstander sê vir Hom: “Ek sal vir Jou al hierdie outoriteit en eer, lof en aanbidding gee, want dit is aan my oorgegee en ek gee dit aan wie ek wil.
As Jy voor my neerval in aanbidding, sal alles Joune wees.”
Yeshua antwoord en sê vir hom: “Daar is geskrywe: ‘Jy moet יהוה, jou God, aanbid en Hom alleen dien’.” Deut 6:13-14 10:20 Mat 4:10