1
SPREUKE 13:20
Nuwe Lewende Vertaling
NLV
Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.
Vergelyk
Verken SPREUKE 13:20
2
SPREUKE 13:3
Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepratery kan alles ruïneer.
Verken SPREUKE 13:3
3
SPREUKE 13:24
Hy wat sy seun nie dissipline leer nie, het hom nie regtig lief nie. As hy hom liefhet, sal hy hom dissiplineer.
Verken SPREUKE 13:24
4
SPREUKE 13:12
Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee.
Verken SPREUKE 13:12
5
SPREUKE 13:6
Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheid vernietig die sondaar.
Verken SPREUKE 13:6
6
SPREUKE 13:11
Rykdom wat maklik kom, verdwyn net so maklik. Wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, het naderhand baie.
Verken SPREUKE 13:11
7
SPREUKE 13:10
Selfvoldaanheid lei altyd tot rusies. Hulle wat na ander luister, het wysheid.
Verken SPREUKE 13:10
8
SPREUKE 13:22
’n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders. ’n Sondaar se besittings beland by die regverdiges.
Verken SPREUKE 13:22
9
SPREUKE 13:1
’n Wyse seun laat sy pa toe om hom reg te help. Een wat met alles spot, steur hom nie eens aan dreigemente nie.
Verken SPREUKE 13:1
10
SPREUKE 13:18
Hy wat hom nie wil laat reghelp nie, beland in armoede en vernedering. Hy wat ’n teregwysing ter harte neem, ontvang eer.
Verken SPREUKE 13:18
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's