Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:15

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 1 van 3
3 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holrug geryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens met die bybelse waarhede oor God te vervang om sodoende bemoediging en vryheid in jou lewe te bring.

Basiese Bybelbeginsels Verduidelik | Gebed
3 Dae
"Here, leer ons bid." Toe die dissipels vir Jesus gevra het om hulle in gebed te onderrig, het hy gereageer met 'n eenvoudige gebed wat oor die hele wêreld geliefd geword het. In hierdie Basiese Bybelbeginsels Verduidelik-reeks neem Peyton Jones ons deur die Ons Vader en verken die aard van gebed soos God dit bedoel het: as aanbidding, as oorgawe en afhanklikheid van God, en as oorlogvoering teen versoeking en boosheid.

Vergifnis
4 Dae
Vergifnis. Kom ons kyk na 'n paar Bybelverse. God wil hê dat jy in vrede leef, vreesloos, vol geloof, hoop en liefde, né? Hy wil nie hê dat jy angstig en vol woede sal wees nie. Skrifgedeeltes oor vergifnis leer jou hoe om 'n meer vergewensgesinde mens te wees. Wysheid kom as jy nadink oor die Woord van God.

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius
4 Dae
Matteus 6 vorm deel van Jesus se Bergpredikasie en fokus op die innerlike motiewe agter godsdienstige praktyke. In hierdie hoofstuk leer Jesus dat ware geregtigheid nie gaan oor uiterlike vertoon nie, maar oor opregte gehoorsaamheid voor God, selfs (en veral) as niemand kyk nie. Hierdie leesplan van vier dae help jou om Matteus 6 deeglik te verstaan: wat dit beteken om voor God te leef, nie vir die goedkeuring van mense nie; en hoe ware geestelike volwassenheid in die verborge plek gevorm word.

Leef Vry
5 Dae
Jesus het gekom om ons te bevry, maar daar kan beslis seisoene in ons reis saam met Hom wees waar ons alles behalwe vry kan voel. Hierdie 5-dag leesplan sal ons uit ons grendels laat los breek terwyl dit ons toerus en bemagtig om die lewe van vryheid te leef wat Christus elke dag vir ons begeer. Vir meer inligting, besoek finds.life.church

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag Uitdaging
5 dae
Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na 'n onmoontlike versoek. Lysa TerKeurst verstaan ten diepste en nooi jou uit om by haar aan te sluit vir hierdie 5-dag leesplan uit haar nuwe boek "Forgiving What You Can’t Forget and to discover God’s healing gift".

Lewe Veranderd: Wanneer Jy Enkellopend Is
5 Dae
Ons het almal verwagtinge van hoe ons lewens moet wees. Dalk het jy verwag om teen hierdie tyd al getroud te wees, maar in plaas daarvan is jy nou eensaam, verlore of sonder hoop. Die waarheid is egter dat jy nie getroud hoef te wees om vreugde te ervaar en jou roeping uit te leef nie. Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om vandag doelgerig te lewe en met hoop op die toekoms.

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

Veranderde Lewe: Vergifnis
6 dae
Baie van ons loop nog rond met wonde van wat mense in die verlede gesê of gedoen het. Ons sukkel gedurig onder die gewig van daardie las, want ons is ongewillig of onseker hoe om te vergewe. Hierdie leesplan gaan nie daaroor om iemand vry te stel of ander beter te laat voel nie. Dit is vir jou. Vir jou om te leer hoe om te vergewe sodat jy kan genees, jy vrede van jou verlede kan vind en 'n veranderde lewe kan begin leef.

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die Oorlewingsgids
7 Dae
Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of geestelik mishandel is. Ek is vir 10 jaar gemolesteer. Ek het egter genesing ontvang! Ek wil jou help om ook genees te word.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

7 Gebede Vir Onverskrokke Krygers
7 dae
Cora Jakes Coleman lewer sewe onverskrokke gebede om jou te help om elke demoniese vesting af te breek en jou 'n hewige kryger vir God te maak.

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se Manier
7 Dae
Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se manier.

Om Soos Jesus te Bid
7 Dae
Is jy gereed om jou gebedslewe te verdiep, maar nie seker hoe om te begin nie? Kom ons kyk van naderby na die instruksies in Matteus 6 wat Jesus oor gebed vir ons gee. Leer hoe om soos Jesus te bid met behulp van hierdie 7-dag leesplan van Pastoor Amy Groeschel.

Geanker in geloof
7 Dae
Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings
7 Dae
Is daar 'n manier om mens se neiging om aan versoekings toe te gee, te oorkom? Vir sommige kan 'n lekker stukkie koek al hul goeie bedoelings om gesond te eet, in die wiele ry! Hierdie 7-dag-leesplan sal jou help om versoekings waarmee meeste mense sukkel te herken, hul oorsprong vas te pen en in oorwinning te begin leef!

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe
7 Dae
Sukkel jy om te vergewe, al weet jy dit is wat God van jou vra? Vergifnis is nie maklik nie, veral wanneer die pyn diep is en die onreg groot. Tog roep Jesus ons om te vergewe – vir ons eie vrymaking. Hierdie 7-dag leesplan neem jou op reis deur die stryd van vergifnis, God se genesing en die vrede wat kom wanneer ons kies om die seer aan Hom oor te gee.

Bruikbaar vir God
8 Dae
Geneem uit James Spencer se boek getiteld "Bruikbaar vir God: Agt lesse uit die lewe van D.L. Moody", ondersoek hierdie leesplan agt eienskappe wat in die Skrif en in die lewe van die 19de-eeuse evangelis, Dwight Moody, gesien kan word (bv. oorgegee, biddend, nederig, doelgerig en leergierig). 'n Gratis gids, insluitend hierdie oordenkings saam met aktiwiteite en addisionele oordenkingsinhoud, is ook beskikbaar om afgelaai te word by D.L. Moody Center.

Lewenskwessies
8 Dae
Die hart, geestelik en fisiek, vereis aandag. God sê jy moet jou hart bo alle ander dinge met alle ywer bewaak as gevolg van al die lewenskwessies wat uit jou hart vloei deur die loop van jou lewe. Begin hierdie 8-dag hart-stappie deur Femi Monehin.

Ongegriefd
10 Dae
Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfvertroue te vorm en ons te help om die mense te word wat ons altyd so graag wou wees. Om nie aanstoot te neem nie, gaan nie daaroor om nooit aanstoot te kry nie. Dit gaan daaroor om nie gegriefd te bly nie.

Om Rus in die Lewensritmes te Vind
10 Dae
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dae
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.