Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

36天中的第9天

Bybelstudie 6/30

Wat Jesus gesê het oor waarom Hy na die aarde gekom het

Belangrik

Moenie hierdie Bybelstudie op jou eie doen nie. Doen dit saam met minstens nog een persoon of ‘n groep van drie of vier persone. Wees versigtig om nie die groep groter as vyf te maak nie. Begin dan liewer nog ‘n groep.

Sleutelbeginsel

Jesus het aarde toe gekom vir die redding van sondaars. Dit ons, as sy volgelinge, se verantwoordelikheid om vir sondaars – ongeredde mense – te vertel dat verlossing van sonde beskikbaar is. Ons taak is om die boodskap van versoening tussen God en mense te gaan proklameer, om God se doel met ons lewens te verstaan, mense van die hemel te vertel en hoe om vir ewig in God se teenwoordigheid te kan lewe.

Sleutel Skrifgedeeltes

Lukas 5:29-32 – Levi het ’n groot feesmaal in sy huis gehou ter ere van Jesus, en ’n groot aantal tollenaars en ander mense het saam met hulle aangesit. Die Fariseërs, en veral die skrifgeleerdes onder hulle, het by sy dissipels gekla en gesê: “Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?” Toe antwoord Jesus hulle: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.”

Lees ook: Lukas 15:1 en Johannes 3:16-17

2 Vrae

1. Wat leer ons oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes?

2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my? Hoe dink God oor my?)

2 Dinge om te onthou

Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 4 Skrifgedeeltes wat jy voel belangrik is om te onthou?

1 Praktiese ding om te gaan doen

Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.

Gebed: Prys die Here vir die dinge wat Hy vir jou en vir ander doen. Aanbid God omdat Hy soewerein is. Bid vir jou ongeredde vriende. Dank die Here vir sy goedheid. Bid vir sy leiding. Bid vir mense wat in die donkerte van verslawing of armoede lewe.

读经计划介绍

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More